×
Skakel na Engels

’n Tuiniersgids tot enting

GH se kunsdirekteur, Sarel Greyling, het die entingswerksessie by Babylonstoren bygewoon. Dít is wat hy geleer het

Wat is enting?

Enting is ’n tuinboutegniek waar plantweefsels verbind word om op dieselfde boom verder te groei. Die boonste gedeelte van die gekombineerde plant word die entloot genoem, terwyl die onderste gedeelte die wortelstok genoem word.

Waarom ent ons?

1. Om meer as een kultivar uit dieselfde boom te produseer

2. Om vrugbaarheid te verbeter (beter opbrengs)

3. Om die gehalte van die vrug te verbeter

4. Om met siektebeheer te help

5. Enting verhaas die oestyd. ’n Standaardvrugteboom kan ná drie tot vyf jaar geoes word terwyl ʼn geënte boom twee jaar ná enting geoes kan word.

Basiese plantterme

Bas: Buitenste laag wat ’n boom beskerm

Kambium: Groen, aktief groeiende laag onder die bas

Bruin middel: Lae van xileem- en floëemkanale wat mettertyd jaarringe vorm

Nodus en oog: Aktiewe groeipunt wat later in ’n blom, lote en/of blare kan ontwikkel

Stingellit: Spasie tussen nodusse en ogies

Die kuns van okulering

Dit is wanneer ’n enkele ogie van een plant op die groeiende kambium van ’n nabyverwante plant oorgeplaas word:

Okulering

Geheime van ʼn goeie vennootskap…

Probeer: Jy sal nooit weet voordat jy probeer het nie!

Tyd: Ent terwyl die plant dormant is of okuleer tydens aktiewe groei

Gereedskap: Skerp messie, tuinboukleefband of Steriseal om te seël en te steriliseer

Wenke: Voorbereiding, sterilisering en werk moet vinnig gedoen word

Nasorg … 

1. Gee die geënte stok kans om te genees

2. Forseer die nuwe botsel of entstiggie om te groei deur ander ogies te verwyder

3. Sny die groeisel bokant die ogie af om die nuwe botsel te forseer om die boom te word

4. Sny die strook kleefband oop.

5. Hou aan om ogies uit die wortelstok te verwyder

Babylonstoren bied heeljaar lank verskeie tuinboukursusse aan. Dit sluit in:

The secret life of bees: 18 Oktober 2017

Herbs for health: 25 Oktober 2017

Growing summer salads: 8 November 2017

Building garden structures: 22 en 29 November 2017

Indigenous succulents: 6 Desember 2017

Kliek hier vir meer inligting.

FOTOS: iStock/birdseye en Sarel Greyling

LEES OOK:

7 maklike wenke vir ’n waterslim tuin

Suzelle DIY: Hoe om ’n vertikale tuin te skep

4 noodsaaklike wenke vir jou tuingereedskap

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief