×
Skakel na Engels

’n SA dokter se twiets met wyse woorde van ongeneeslike siek kinders versprei soos ’n veldbrand – om al die regte redes

’n Kaapstadse pediater, dr. Alastair McAlpine, het met van sy ongeneeslike siek jong pasiënte gepraat oor die dinge in die lewe wat hulle geniet het en van die kinders se antwoorde op Twitter gedeel. Dis ’n moet-lees en sal jou terug aarde toe bring. Dis inspirerend, hartroerend en dapper
SA dokter

Toe die Kaapstadse pediater dr. Alastair McAlpine op Twitter van die wyshede gedeel het wat sy jong pasiënte met hom gedeel het, was daar oombliklik positiewe reaksie.

In sy twiets verduidelik dr. McAlpine dat hy vir ’n opdrag “ ’n paar van my ongeneeslike siek kinderpasiënte in palliatiewe sorg gevra het wat van die lewe hulle geniet, en wat dit betekenis gee”. Hy wys daarop dat geen van die kinders gewens het dat hulle meer tyd op Facebook deurgebring of TV gekyk het nie, maar baie het hul troeteldiere genoem, asook hul besorgdheid oor hul ouers en hul liefde vir stories en mense wat hulle laat lag.

Dr. McAlpine het afgesluit met hierdie boodskap om ter harte te neem: “Wees gaaf. Lees meer boeke. Bring meer tyd met jou familie deur. Maak grappe. Gaan strand toe. Gee jou hond ’n drukkie. Sê vir daardie spesiale mens jy’s lief vir hom of haar. Dit is die dinge wat hierdie kinders gewens het hulle meer van kon kry. Die res is onbenullig. O … en eet meer roomys.”

In reaksie op baie van die positiewe opmerkings op Twiiter het dr. McAlpine gesê: “Dis ’n eer en ’n voorreg om met hierdie kinders en hul families te kan werk.”

Lees die hele gesprekslyn van twiets hier:

 

LEES OOK:

Dokters deel 5 maniere om jou risiko vir demensie te verlaag

8 gesondheidsfeite wat jy met jou dokter moet deel

8 gesondheidsfeite wat jy met jou dokter moet deel

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 goue reëls om SA se hoë padsterftesyfer te help verlaag

Kom ons wees eerlik: SA se hoë padbesering- en sterftesyfers is skokkend. Deur Caira-Lee Durand

Close