×
Skakel na Engels

’n Nuwe, plastiekvrye supermark word in Kaapstad oopgemaak

Raak ontslae van die plastiek. Deur Amelia Brown
plastiekvrye supermark

Kombucha en kefir-water uit ’n kraan. Berge organiese vrugte en groente waaruit jy self kan kies en wat in jou eie verpakking geweeg word. Waar is hierdie gesondheidsentrum? In die Moederstad!

Wanneer hierdie supermark einde November sy deure in die Kaapse middestad oopmaak, gaan hy enig in sy soort wees. Klante bring hul eie sakke, bottels, flesse en dies meer om van die winkel se reuse-verskeidenheid 100% nie-GMO-produkte te koop.

Alle produkte word geweeg voordat dit in jou wagtende Tupperware-houers, flesse, drasakke bokse of bottels gepak word. As jy niks byderhand het nie, kan jy nuwe flesse van verskillende groottes sowel as herwonne, gesteriliseerde flesse en herbruikbare kruideniersakke, drasakke en herwonne bruinpapiersakke by Nude Foods koop.

Vul hulle met jou vrag gesonde spensprodukte, waaronder olies, sade en neute; droëvrugte en sampioene; grane, graankosse, meel en pasta; superkosse en klappervlokkies; speserye, los tees, koffie en heuning.

Lees: 5 plastiek-items wat ons nóú moet ophou gebruik

Daar sal ook van Ethical Co-op se organiese vrugte en groente te koop wees; Nitro Brew se kombucha en Tea of Life se kefir-water uit ʼn kraan; sowel as ekovriendelike lyfprodukte en huishoudelike skoonmaakprodukte.

Nude Foods is die geesteskind van, Paul Ruben, ’n voormalige uitvoerende bestuurder van bemarking en kommunikasie, en voormalige TV-vervaardiger, Sheren Kingma. “Ons wil Kapenaars ’n meer omgewingsbewuste manier gee om inkopies te doen – soos in ons grootouers se tyd toe onverpakte produkte volgens gewig verkoop is,” sê Paul.

Hierdie etiese kruidenierswinkel sluit aan by die groeiende antiverpakkingsbeweging, wat die Refuse the Straw-inisiatief insluit. Nude Foods sal einde November by Konstitusiestraat 5 in Kaapstad se middestad oopmaak.

Kyk hierdie video vir meer inligting:

Uit: EatOut

FOTO: iStock/ljubaphoto

LEES OOK:

5 wenke om PET-plastiek te herken en te herwin

Die organiese skoonheidshandelsname wat jou sal oorreed om “groen” te gaan

10 maniere om aanvullings met natuurlike voedingstowwe te vervang

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kom kyk hoe jou kleingoed se kuns by Future Park lewe kry

Speel in ’n digitale wêreld wat voor jou oë verander

Close