×
Skakel na Engels

’n Natuurlike behandeling vir uitslae

Raak ontslae van puisies en gee jou selfvertroue ’n hupstoot met MAPP-velsorgprodukte
mapp velsorg

Altesaam 85% van mense wat met puisies sukkel, is tussen 12 en 24 jaar oud, en 25% sal permanente littekens oorhou wat van lig tot erg wissel en wat ’n lae selfbeeld tot gevolg kan hê.

Daar is vier hoofsoorte puisie-uitslae, wat almal ontstaan wanneer olie opbou en dooie vel die porie-openinge verstop. Daar is verskillende maniere om elke soort uitslag te behandel:

 

  1. Swartkoppies

Hulle is nie met bakterieë besmet of ontsteek nie en veroorsaak nie letsels nie. Besoek ’n velsorgspesialis vir ’n volledige gesigsreiniging om van swartkoppies ontslae te raak.

  1. Witkoppies

Witkoppies bevat beperkte bakteriële groei, wit etter en ligte inflammasie. Ons beveel die gebruik van MAPP10 aan, wat ’n 10 dae lange behandeling is om witkoppies te help opklaar. Dit moet deur MAPP30 gevolg te word, ’n 30 dae lange behandeling met kapsules om ’n skoon, gesonde vel in stand te hou.

  1. Etterblasies

Hierdie rooi knoppies is ontsteek met ’n wit of geel kern en kan letsels veroorsaak. Behandel dit met MAPP10, gevolg deur die MAPP30-behandeling, om van enige letsels ontslae te raak wat die etterblasies kan veroorsaak.

  1. Siste

Dit is ettergevulde puisies wat diep ontsteek is en met bakteriële infeksie, en is geswel en seer. Nadat ’n sist gesond geword het, kan ’n permanente letsel agterbly. Dit kan ook met MAPP10 behandel word, gevolg deur MAPP30. As dit letsels vorm, beveel ons aan dat jy ’n velsorgspesialis gaan spreek.

 

Hierdie artikel is deur MAPP geborg

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 verrassende oorsake van veroudering

Vier ongelooflike oorsake van veroudering!

Close