×
Skakel na Engels

’n Manikuur vir ’n goeie doel: Aktivisme deur naelkuns

Laat jou vingers die praatwerk doen!
manikuur

’n Manikuur is een van die gewildste skoonheidsbehandelings vir vroue. Wie is dan nie lief vir ’n tikkie kleur op haar naels nie? Grimering is egter nie net ’n manier om jouself uit te druk nie, dit kan ook ’n boodskap uitdra of wys dat jy mense wat uitdagings moet oorkom, ondersteun. Dis daarom geen verrassing nie dat naellak dikwels in veldtogte gebruik word om bewustheid van gemeenskapskwessies te skep.

Toe aanhangers wêreldwyd hulle onlangs vergryp het aan die jongste episodes van die treffer-dramareeks vir tieners 13 Reasons Why, het die akteurs én kykers blou naellak gedra – dieselfde kleur wat die hoofkarakter Hannah Baker gedra het toe sy haar lewe geneem het. Dié unieke skoonheidsneiging het soos ’n veldbrand op sosiale media versprei, juis om mense van depressie en selfdood, die hooftema van die reeks, bewus te maak.

Lees: 9 onbekende fisieke simptome van depressie

Elke jaar in Oktober verf baie vroue (en ’n paar dapper mans) hul naels pienk vir Borskankerbewustheidsmaand. Meer onlangs het ’n Amerikaanse organisasie sonder winsbejag wat die slagoffers van huishoudelike geweld ondersteun, ’n grootskeepse veldtog met die naam “Put the nail in it” begin, waardeur vroue die nael van hul linker ringvinger pers verf sodat mense sal saampraat, vrae vra en bewustheid kweek. Invloedrykes en bekendes het die veldtog aanlyn ondersteun deur self deel te neem en ook die boodskap te versprei. Dié naelkleur dien as ’n herinnering aan dít waardeur so baie vroue elke dag gaan.

Lees: 5 dinge wat jou naels oor jou gesondheid sê

 

A post shared by Safe Horizon (@safehorizon) on 

Dit wys jou net: Jou skoonheidsroetine kan gebruik word om die wêreld van ’n goeie saak bewus te maak. En vir diegene wat dink grimering is bloot kunsmatig, wys dié reuse-neigings dat die inhoud van jou grimeersakkie ’n ewe groot reaksie kan ontlok, en hopelik verandering sal bring. ’n Manikuur was nog nooit so ’n noodsaaklikheid soos nou nie!

FOTO: iStock/SergeyTay

LEES OOK:

Hou só op om jou naels te kou

5 maniere om jou naels te versterk

6 gesonde gewoontes wat jou stresvlakke verlaag en jou gelukkiger maak

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hou só op om jou naels te kou

Verbeek die gewoonte en spog met jou mooi lang, sterk naels

Close