×
Skakel na Engels

’n Liggaamstaalkenner verklap 7 interessante dinge van Meghan en Harry se verhouding

’n Kenner onthul aspekte wat die res van ons nie noodwendig sal opmerk nie … Deur Elizabeth Narins
liggaamstaalkenner

Hoewel Meghan Markle en prins Harry nog net enkele amptelike verskynings as paartjie gemaak het — hulle het maar eers in November 2016 begin uitgaan — verklap die meerderheid foto’s van die twee dat hulle werklik dol is oor mekaar.

Blanca Cobb, ’n liggaamstaalkenner van Noord-Carolina, vertel dat hulle interaksie die volgende oor hul verhouding verklap:

1. Meghan kruis haar bene na Harry toe wat wydsbeen sit

Embed from Getty Images

“Wanneer jy jou bene na iemand toe kruis, aanvaar jy hom of haar in jou gemaksone,” sê Cobb van Meghan se posisie. “Dit is ’n teken van verbondenheid.” Alhoewel Meghan se arms op die oog af suiwer vir gemak gekruis is, kan die posisionering van ’n persoon se vingers hulle emosies verraai, meen Cobb. “Met ontspanne vingers wys jy dat jy op jou gemak is,” sê sy, en voeg by dat Meghan se breë glimlag verklap dat sy haarself geniet.

Die prins se bene verklap dat hy heel ingenome is met homself. “Selfversekerde mense neem spasie op, en selfversekerde mans is geneig om wydsbeen te sit,” sê Cobb. Maar dis slegs met die eerste oogopslag dat Harry heeltemal ontspanne lyk. Wanneer ’n mens op sy hande fokus, kan jy sien dat hy met sy vingers speel. “Dit is ’n teken van ongemak of senuweeagtigheid,” sê Cobb.

2. Meghan en Harry loop hand aan hand

Embed from Getty Images

Om so palm-teen-palm hande vas te hou is ’n teken van ’n diep liefde en ’n sterk band, volgens Cobb. Die posisie van Harry se hand bo-oor dié van sy verloofde dui daarop dat hy die besluitnemer in hul verhouding is. Bygesê, op hierdie foto lei Meghan sowel as Harry met hul linkervoete. “Dit wys op hul gehegtheid en emosionele aanvoeling vir mekaar,” sê Cobb.

Cobb is minder besorg oor die posisie van Harry se linkerarm oor sy bors — “Dit lyk asof hy sy regterarm krap,” sê sy — as oor sy gesigsuitdrukking. “Dit kan wees dat iets hom gepla het.”

3. Harry se hand in sy baadjie

Embed from Getty Images

“Hier neem prins Harry die sogenaamde ‘Napoleon Boneparte’-posisie in waar hy sy hand oor sy buik plaas,” sê Cobb met verwysing na Napoleon se kenmerkende gebaar.

Net soos die Franse militêre leier, gebruik Harry sy hand om sy lewensorgane te beskerm. Maar simbolies neem dit ’n ander betekenis aan: “Dit is asof hy homself teen ’n ongemaklike situasie beskerm,” sê Cobb. In die konteks van hierdie situasie — die aankondiging van die paartjie se verlowing — kan hierdie handeling beteken dat dit vir hom ongemaklik is om sy nuwe verhoudingstatus te deel.

Aan die ander kant, dit dui dalk nie op veel nie. “Prins Harry word so dikwels in daardie posisie gesien dat dit waarskynlik uit gewoonte is,” sê Cobb. “Ek dink nie hy besef dat hy dit doen nie.” Die manier waarop die paartjie hande vashou — met ineengevlegte vingers — dui op ” ’n sterk emosionele en intieme band,” sê Cobb.

Harry se linkerarm, wat voor Meghan se lyf is, dien as ’n subtiele teken van beskerming. “Prins Harry neem die leiding in die verhouding,” sê Cobb, en wys na die gewone manier waarop Meghan haar linkerhand bo-oor Harry s’n plaas, wat vreemd vir die paartjie is.

“Die maat wie se hand bo is, is gewoonlik die een wat in beheer is of die dominante party in die verhouding,” sê Cobb — en volgens foto’s lyk dit amper altyd of Harry daardie persoon is. Bygesê, daar is geen teken van enige konflik of magstryd op die foto nie. “Wanneer jy verlief is, wil jy fisiek so naby moontlik aan jou maat wees,” sê sy van Meghan se regterelmboog wat aan Harry se sy raak.

4. Meghan plaas haar hande oor Harry s’n

Credit: Youtube

“Deur haar hand oor hul albei se [ineengevlegte] hande te plaas, is dit duidelik dat Meghan ondersteuning en troos [vir Harry] bied,” sê Cobb. “Dit bied ook gerusstelling vir haar.”

5. Meghan hou aan Harry se hand en arm vasEmbed from Getty Images

Ook hier is Harry en Meghan se vingers ineengevleg, weer eens ’n teken van ’n intieme band. Wanneer twee mense se vingers inmekaargesluit is, kan hulle mekaar se hande met hul vingers streel,” sê Cobb. Meghan gebruik ook haar linkerhand om aan Harry se arm vas te hou. “Dit is ’n manier om hom nader aan haar te trek,” sê Cobb. “Jy voel veilig en gekoester wanneer jy emosioneel en fisiek naby die persoon is wat jy liefhet.”

6. Harry sit agter Meghan

Embed from Getty Images

Op hierdie foto sit Harry ’n trappie hoër as Meghan, wat die idee skep dat hy ’n sterker posisie in hulle verhouding het. Sy wang raak aan Meghan se kop — ’n duidelike teken van toegeneentheid en intimiteit, volgens Cobb — en sy leun effens oor na hom vir ondersteuning.

Meghan se regterelmboog rus ook op haar verloofde se regterbobeen. “Dit is ’n smaakvolle manier om te wys dat hy hare is en suggereer intimiteit omdat dit naby sy erogene sone is,” sê Cobb. Al is dit duidelik ’n geposeerde foto, beskou Cobb die paartjie se vervlegde duime as ’n verdere bewys van hul gehegtheid aan mekaar.

7. Meghan hou vas

Embed from Getty Images

Op hierdie foto loop prins Harry effens voor Meghan, die linkerkant van haar lyf half versteek agter hom. Cobb sien dit as ’n beskermende gebaar of nog ’n manier waarop Harry bevestig dat hy die een is wat die leiding neem in die verhouding.

Uit: Good Housekeeping US

HOOFFOTO: Gallo Images/Getty Images

LEES OOK:

Die datum en venue vir prins Harry en Meghan Markle se troue is pas aangekondig

Só lyk prins Harry en Meghan Markle se “kothuis”

Prins Harry en Meghan Markle bring hulde aan Diana

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hier is ’n paar van die vrae wat Meghan Markle in haar burgerskaptoets sal moet beantwoord

Sou jy die toets slaag?

Close