×
Skakel na Engels

’n Koekieresep vir elke dag van die week

Dit is mos ’n koekie ’n dag, of hoe?!
koekieresep

 

Maandag

Donkersjokoladekoekies

Doop hierdie dekadente donkersjokoladekoekies in melk om die ervaring ekstralekker te maak. Dit gee boonop die melk ’n heerlike sjokoladesmaak! Of eet dit saam met warm sjokolade vir ’n dubbele sjokoladebederf. Njammie!

Hier is die resep.

Dinsdag 

Murgpampoentjie-en-klapperkoekies

Ná Maandag se sjokolade-oordosis is hierdie murgpampoentjie-en-klapperkoekies net wat jy nodig het! Dit bevat heilsame hawermout en klapperolie. 

Hier is die resep.

Woensdag

Grondboontjiebotterkoekies

peanut butter biscuit

Net die gedagte aan enige iets met grondboontjiebotter laat ons mond water! Maak dié resep ’n bietjie gesonder deur suikervrye grondboontjiebotter of makadamianeutbotter te gebruik, wat albei goeie proteïenbronne is, en vervang die suiker deur xilitol of heuning. Eet die koekies saam met ’n glas melk of ’n koppie tee of koffie. Mmm …

Hier is die resep.

Donderdag

Suurlemoen-ricottadonskoekies

Lemony Ricotta Pillows

Kikker jou dag op met hierdie effens surerige ricottadonskoekies. Dis ’n eenvoudige resep met eenvoudige bestanddele, maar die resultaat is geurige happies wat perfek vir ’n namiddagtee is.

Hier is die resep.

Vrydag 

Konfytkoekies

Razzy- Jammy Thumbprints

Hierdie fraai en vrolike konfytkoekies is net die regte happies om die aanbreek van die naweek mee te vier! 

Hier is die resep.

Saterdag 

Dulce de leche-toebroodjies

Dulce de leche Sandwiches

Maak gerus dié naweek hierdie Dulce de leche-toebroodjies om jou kuierkaste mee te bederf en te beïndruk. Dit bevat die heerlike geure van vanielje, karamel en kaneel, en dis ideaal vir teetyd, nagereg of sommer-net. Dis beslis ’n resep wat jy in jou reseptelêer sal wil bêre!

Hier is die resep.

Sondag

Blondies

Blondies

’n Sondag is die ideale dag vir bak, maar ook vir rus. Danksy dié maklike resep kan jy albei doen! Hierdie koekies moet in ’n lugdigte houer gebêre word en kan tot vier dae hou – as jy dit nie op die eerste dag alles opeet nie!

Hier is die resep.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Botterroom-kolwyntjies: die perfekte resep vir Moedersdag!

Moedersdag is net om die draai, en Le Creuset het die perfekte geskenk vir jou ma!

Close