×

’n Geurige viskerrie wat die hele gesin sal geniet

Hierdie heerlike, geurige kerrie is vir enige geleentheid geskik
Kingclip Curry

Sea Harvest het dit hul doelwit gemaak om besige ma’s oor die land heen te help wat waarde vir geld en gehalte soek sonder dat hulle voedingswaarde hoef in te boet. Danksy Sea Harvest se reeks gerieflike en veelsydige visprodukte is dit g’n wonder dat hulle so ’n gunsteling-handelsnaam in SA huishoudings geword het nie!

Sea Harvest se koningklipfilette is ryk aan omega 3 en ideaal vir wanneer jy min tyd het. Hierdie vellose seevis kan net so geëet word – dis heerlik gerooster! – maar dit word ook dikwels in kebabs, kerries en bredies gebruik. Kort jy ’n bietjie inspirasie om hierdie fantastiese vis te benut? Probeer gerus dié watertandlekker kerrie: 

Thaise rooikerrie met koningklip

Genoeg vir: 4
Bereidingstyde: 20 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute

Bestanddele

3 e klapperolie
1 rooi-ui, in skyfies gesny
1 rooi soetrissie, in dun repies gesny
ekstradun groenbone
80 g Thaise groenkerriepasta
400 ml klappermelk
600 g Sea Harvest-koningklipfiletsnitte
200 g baba-pak choi
15 g basilieblare
100 g grondboontjies, gerooster en grofgekap
6 e koljander, grofgekap
2 sprietuistingels, in dun skyfies gesny
gaar jasmynrys, vir opdiening

 

Metode

1. Verhit die klapperolie oor matige hitte in ’n wok. Voeg die ui, soetrissie en groenbone by en braai vir 2 minute. Verlaag die temperatuur ’n bietjie, voeg die kerriepasta by en kook vir nog 2 minute; roer om die groente met die pasta te bedek.

2. Voeg die klappermelk by en roer deur. Plaas die Sea Harvest-koningklip in die kerriesous en kook tot sag. Dit sal sowat 10 minute neem as die vis nog gevries is. Voeg die pak choi by en laat prut vir 2 minute.

3. Voeg die basilieblare by en skakel die stoofplaat af terwyl jy die blare deur die kerrie roer. Voeg die grondboontjies, koljander en sprietuie by. Sit op klewerige jasmynrys voor.

Sea harvest kingklip

Vir nog inligting oor Sea Harvest se produkte en nog smullekker visresepte, besoek www.seaharvest.co.za of hul YouTube-kanaal: www.youtube.com/SeaHarvestSA.

FOTO: Met vergunning van Sea Harvest

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Resep: ’n Vinnige en verruklike seekosgereg vir jou gesin

Die vangs van die dag? Hierdie maklike en liplek-lekker resep!

Close