×
Skakel na Engels

ʼn Geheuetoertjie vir elke vrou

Sluk jy ginkgo biloba-aanvullings of skryf jy jou hande vol om beter te onthou?

 

Vat eerder ’n blaaskans en laat jou verstand ’n bietjie rus, aldus navorsing aan die University of Edinburgh in Skotland. In die studie moes mense inligting uit twee stories herroep wat hulle pas gehoor het. Ná die eerste storie het hulle vir tien minute in ’n donker kamer met geslote oë gesit, terwyl hulle ná die ander storie dadelik met ’n nuwe taak begin het.

Die deelnemers het heelwat meer besonderhede onthou toe hulle ’n ‘waaksame’ ruskansie geneem het – ’n paar minute van ontspanning ná nuwe inligting. Selfs ’n week later het hulle meer besonderhede van die eerste storie onthou.

Die rede? ‘Wanneer ons iets nuuts leer, vorm ons breine ’n “geheuespoor” van die inligting. Maar om dié inligting vir langer as ’n paar sekondes te onthou, het ons tyd nodig om ons geheue te versterk,’ sê dr. Michaela Dewar, die hoofstudieskrywer. Wanneer jy ontspan, hoef jy nie te dink aan wat jy pas geleer het nie, voeg sy by. ‘Dis goed om jou gedagtes te laat gaan en ’n bietjie te dagdroom.’

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die ene spiere en verstand

Kan oefening jou slimmer maak?

Close