×
Skakel na Engels

’n Eiervrug-geïnspireerde maaltydplan vir die week – en twee maklike nageregte

’n Eiervrug per dag laat die kardioloog wag!
eiervrugte

Om meer eiervrug by jou dieet in te sluit kan ’n natuurlike en organiese oplossing vir ’n gelukkige hart en ’n gesonde leefstyl wees, veral omdat eiervrug jou risiko vir hartsiekte kan help verlaag.

Eiervrugte bevat baie vesel, kalium, vitamien B6 en plantvoedingstowwe. Hierdie groente, of vrug (ja, eiervrugte is soos tamaties – dis ’n vrug wat as ’n groente vermom is) is propvol antioksidante wat jou slagare en dus jou hart gesond hou.

Hier is ’n maaltydplan vir die week propvol eiervruggeregte. Maak dus seker dat jy genoeg van dié veselryke groente in voorraad het:

Maandag: Slaai met cayenne-geroosterde eiervrug en vars tamaties

Cayenne grilled brinjal with fresh tomato salad

Begin die week met ’n geurige, vars slaai met ’n effense byt. As jy ’n aanhanger van #VleisloseMaandag is, sit hierdie gereg saam met quinoa of koeskoes voor vir ’n vullender maaltyd.

Hier is die resep.

Dinsdag: Ryk eiervrug-stowegereg

rich brinjal stew

Hierdie stowegereg is verbasend laag in kilojoules – dit bevat slegs 687 kJ per porsie. Dis boonop vullend, gesond en heerlik. As jy ’n bietjie proteïen wil byvoeg, probeer repies beesvleis. En as jy ’n laekoolhidraatdieet volg, moet dit verkieslik nie saam met rys, aartappels of ander styselkosse voorsit nie.

Hier is die resep.

Woensdag: Lasagne met spinasie en eiervrug

Spinach-brinjal lasagne loaf

Lasagne hoef nie van maalvleis gemaak te word nie! Probeer gerus hierdie vegetariese weergawe, en as jy regtig voel dit kort iets vleiserig, voeg peulgroente soos boontjies pleks van vleis by om dit steeds vir vegetariërs geskik te maak.

Hier is die resep.

Donderdag: Italiaanse stapels met eiervrug, soetrissie en mozarella

Italian brinjal, pepper & mozzarella stacks

Hierdie groentestapel is deur ’n dagwoodtoebroodjie geïnspireer. Die feit dat dit geen brood bevat nie, maak dit net soveel gesonder. En die soetrissie maak dit heerlik pikant!

Hier is die resep.

Vrydag: Eiervrug-en-kekerertjiemasala

Brinjal & Chickpea Masala

Wat sal ’n weeklikse maaltydplan nou sonder ’n kerriegereg wees?! Hierdie eiervrug-en-kekerertjie-masala is ’n vegetariese gunsteling. Voeg ’n paar hoender- of biefrepies by om die vleiseters in jou gesin tevrede te stel.

Hier is die resep.

Saterdag: Halloumi-en-eiervrugslaai

Halloumi & Brinjal Salad

Hierdie vullende slaai is heerlik op sy eie of sit dit as ’n bykos saam met braaivleis voor. Die resep sluit ook ’n slaaisous in wat jy saam met verskeie ander slaaie kan gebruik.

Hier is die resep.

Sondag: Eiervrugtoebroodjies

Brinjal sandwiches

Maak hierdie eiervrugbroodjies vir ’n lekker vinnige en informele Sondagmiddagete. Nou het jy meer tyd vir daardie middagslapie!

Hier is die resep.

Nagereg: Appels in die mikrogolfoond “gebak”

Apples baked in the microwave

Hierdie gebakte appels is so maklik om te maak en boonop die ideale nagereg vir enige geleentheid. Jy kan dit met roomys, room of vla voorsit – wees kreatief!

Hier is die resep.

Sondaggebak: Yudhika Sujanani se droomlekker klapperkoek

Sunday Bake Yudhika Sujanani’s Dreamy Coconut Cake

Yudhika Sujanani se ligte, sagte klapperkoek neem slegs ’n uur om te maak. Dis die ideale bederf vir namiddagtee, ’n verjaardag of sommer net.

Hier is die resep.

Foto: iStock/Magone

 

LEES OOK:

Is jy ’n vegetariër? Jy het hierdie 5 voedingstowwe in jou dieet nodig

Vegetariese geregte vir die hele week

7 “ongesonde” kosse wat voedingkundiges eet 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Jou maklike maaltydplan vir die week

Sukkel jy om elke dag van die week iets nuuts vir middag- en aandete uit te dink?

Close