×
Skakel na Engels

’n Eenvoudige oogtoets kan jou lewe red

Oogtoetse kan veel meer as die kwaliteit van jou sig bepaal. Om die waarheid te sê, dit kan die tekens van verskeie ernstige gesondheidskwessies uitwys

Kan jy hierdie lees?

As jy nie ’n bril of kontaklense dra nie, gaan jy waarskynlik nie gereeld vir oogtoetse nie. Maar ’n eenvoudige oogtoets kan allerlei soorte gesondheidskwessies identifiseer – insluitende:

 

Hoë bloeddruk

Dit kan veranderinge aan die bloedvate agter jou oë veroorsaak, iets wat ’n oogkundige sal raaksien.

 

‘Floaters’ (ronddrywende deeltjies)  

Oftewel klein deeltjies wat uit dooie selle of stof bestaan. Hulle is gewoonlik skadeloos, maar kan ’n simptoom van ’n retinale skeurtjie wees. Só ’n skeurtjie kan tot die verlies van jou sig lei as dit nie behandel word nie.

 

Diabetes

Diabete het dikwels klein bloedspikkels of ’n gelerige vloeistof agter hul oog. ’n Oogkundige sal dit kan optel.

 

’n Breingewas

Dis gelukkig baie seldsaam, maar gewasse kan ’n swelsel agter die oog veroorsaak wat tydens ’n roetine-oogtoets raakgesien kan word.

 

Lees ook: Beskerm jou oë teen veroudering

 

 

Bron: Good Housekeeping VK, Junie 2010

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoekom jy ’n mediese fonds moet hê

Om jou lidmaatskap van ’n mediese fonds te kanselleer om op die kort termyn geld te spaar, kan jou en...

Close