×
Skakel na Engels

’n Alles-in-een-reinigingsoplossing vir die hele huis

Wonderlike nuus!
Young woman doing housework, cleaning the kitchen

Die koste van jou skoonmaakprodukte kan baie hoog raak as jy kyk na wat op die mark is vir elke vertrek in jou huis. Maar jy het nie al daardie produkte nodig nie. Plush Supreme All Purpose Cream, ’n wonderlike toevoeging tot die Plush Supreme-huissorgreeks, is ’n veeldoelige produk wat jy kan gebruik om jou huis skoon te maak. 

All Purpose Cream Range

Foto: Courtesy of Plush

Hoe om Plush Supreme All Purpose Cream ten beste te benut:

In die badkamer

Gebruik Plush Supreme All Purpose Cream om die hele badkamer silwerskoon te hou! Maak jou stort, bad, toilet en wasbak skoon, en verdun dit om jou badkamervloer en -teëls skoon te maak.

In die kombuis

Jy hoef jou nooit weer oor vuil oppervlakke in jou kombuis te bekommer nie. Plush Supreme All Purpose Cream is ideaal om op jou kombuisvloere, -mure, -toonbanke en vir groot toestelle te gebruik.

In die woonkamer, slaapkamer en eetkamer

Giet ’n bietjie Plush Supreme All Purpose Cream op ’n klam lap om alle oppervlakke in die woon-, slaap- en eetkamer af te vee – van jou koffietafels tot jou TV-eenheid.

In die motorhuis

Die motorhuis is die ideale plek om Plush Supreme All Purpose Cream te gebruik. Maak die vuilste plek in jou huis silwerskoon met hierdie fantastiese produk!

Hierdie veeldoelige reiniger is spesiaal geformuleer om alle hardnekkige vuiligheid en aanpaksels te verwyder. Plush Supreme All Purpose Cream is by alle toonaangewende kleinhandelaars beskikbaar vir R21,99 en kom in vier geure: Lavender, Potpourri, Spring Fresh en Lemon. 

Volg @PlushSA op Facebook  en @Plush_ZA op Twitter of besoek Plush vir nog inligting oor Plush.

HOOFFOTO: iStock/ViktorCap

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Getoetste Produkte: Stofsuiers

Om vloere en matte skoon te hou is ’n voltydse werk, maar om allergiese reaksies weens stof en vuilheid in jou huis...

Close