×
Skakel na Engels

Moet-lees-boek

As jy graag aan kos smul, en dalk ook lief is vir weglê aan kortverhale, is hierdie watertand-beskrywings van ’n kulinêre aard vir jóú bedoel

 

Kosblik saamgestel deur Nicole Jaekel Strauss

(Queillerie, R220)

 

As jy graag aan kos smul, en dalk ook lief is vir weglê aan kortverhale, is hierdie watertand-beskrywings van ’n kulinêre aard vir jóú bedoel. Dis nie ’n resepteboek nie, alhoewel daar hier en daar ’n reseppie opdoem as deel van ’n storie, maar ’n versameling vertellings oor daardie een, buitengewone maal, oor kosmakers en kokers (met permissie aan Irma Joubert), oor bestanddele waaroor mens soms voel jy kan sing, die alchemie van ’n kombuis, hart en verlange (dankie, Gerard Scholtz), laaste maaltye, vrykos, bruilofskos. ’n Hele rits lekkerleesskrywers lewer bydraes, soos Dine van Zyl, Melvyn Minnaar, Emile Joubert, Wilna Adriaanse en Christine Barkhuizen le Roux. Héérlik.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Sony Xperia Tablet Z

Hoog in aanvraag

Close