×
Skakel na Engels

Moet jy kantoordrag aantrek as jy van die huis af werk?

Slaapklere of ’n snyerspak? Of iets tussenin?
werk

Is dit regtig nodig om vir werk aan te trek as jy sake uit die gerief van jou eie huis bestuur? Die kort antwoord is ja.

Om in gemaklike klere soos ’n sweetpakbroek of selfs pajamas te kan werk is waarskynlik een van die aanloklikste redes hoekom mense besluit om die groot skuif van werkplekkantoor na tuiskantoor te maak. En hoewel ons glad nie probeer sê dat jy nuwe snyerspakke of potloodrompe moet gaan aanskaf nie, is ons (ongelukkig) hier om vir jou te sê dat jy inderdaad “werkklere” moet aantrek, selfs wanneer jy van die huis af werk. Of dalk moet ons sê veral as jy van die huis af werk. Roxette sing nie verniet “get dressed for success” nie! Baie mense wat vanuit ’n tuiskantoor werk, doen groot moeite om hul werkruimte so produktief, prakties en mooi (pragtig) as moontlik te maak. En dié drie P’s is presies wat ons gaan gebruik om jou te help om die perfekte tuiskantoor-klerekas saam te stel!

Produktief

Beskou jou uitrusting as ’n kostuum. Die oomblik dat jy jou klere aantrek, word jy wie jou uitrusting uitbeeld. (Amper soos wanneer Superwoman onmiddellik van ’n gewone burger in ’n superheldin verander sodra sy haar mantel aantrek!) As jy dus elke dag in ’n sweetpakbroek moes werk, sou jy sê dat jou “werkdrag” jou die nodige selfvertroue sou gee wat jy vir daardie belangrike konferensie-video-oproep nodig het? Ons het so gedink!

WAT OM AAN TE TREK:

Dis darem nie nodig vir broekpakke en hoëhakskoene nie; kies eerder klere, skoene en selfs bykomstighede wat jou professioneel sal laat lyk en voel, soos:

  • swart langbroeke
  • knooptruitjies
  • oorvourokke
  • wighakskoene
  • bonkige halssnoere

Prakties

Hetsy jy jou werklewe moet balanseer met jong kinders wat jy moet versorg en/of ’n huishouding wat jy moet bestuur, die werklikheid is dat jy só moet aantrek dat vir enige iets gereed is van met die kinders speel tot ’n Skype-vergadering en om vinnig kruideniersware te gaan koop. Gerief is dus noodsaaklik, maar gerieflik beteken nie noodwendig smaakloos of slonserig nie.

WAT OM AAN TE TREK:

Kies veelsydige klere en artikels wat maklik formeel of informeel gedra kan word, soos:

  • maksirokke
  • donker jeans
  • chambray-hemde 
  • serpe – dis die ideale kitsoplossing!

Pragtig (mooi)

Laaste maar nie die minste nie, doen moeite om mooi te lyk – wat dit ook al vir jóú beteken. Wanneer ons goed lyk, voel ons ook goed. ’n Bietjie bykomstighede en lipstiffie kan baie doen om jou gemoed op te kikker, wat jou produktiwiteit kan verbeter en jou eindelik kan help om jou werk suksesvoller af te handel. Hou altyd die groter prentjie in gedagte!

WAT OM AAN TE TREK:

Ons weet elkeen wat ons mooi laat voel – hetsy dit ’n bietjie meer blosser as gewoonlik is, daardie rooi-en-wit gestreepte wighakke of jou blommeserp – maar daar is ’n paar moet-hê-artikels wat elke tuissakevrou in haar klerekas moet hê, soos: 

  • plathak-stewels
  • sandale met blokhakke
  • informele baadjies
  • bedrukte bloese
  • lang, oop truie

Foto: iStock/Dean Mitchell

LEES OOK:

Vyf goue reëls vir mense wat van die huis af werk 

10 maniere om blompatrone by die werk te dra 

 
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wat om te doen as jy by die werk afgeknou word

Wat jy van afknouery by die werkplek moet weet. Deur Judith Torner

Close