×
Skakel na Engels

Moet jou kinders nie dwing om hul groente te eet nie

As jou kind nie van broccoli, spinasie of groente in die algemeen hou nie, is dit oukei om oor te gee en op te hou stres, sê die dieetkundige Erin Palinski

 

 

In ’n studie in Brittanje met meer as 130 000 kinders van babas tot sewe jaar is bevind kieskeurige eters het dieselfde kwota kolojoules en voedingstowwe ingekry as kinders wat mal oor groente was. En daar was geen belangrike verskille in gewig en lengte tussen die twee groepe nie.

 

“Pleks van met jou kind baklei oor watter kosse hy nie wil eet nie, fokus daarop om hom kosse te gee waarvan hy hou wat ryk aan voedingstowwe is,” sê Palinski. Groente is ’n wonderlike bron van foliensuur, B-vitamiene en kalsium, maar kinders kan dit ook kry in

 

  • gefortifiseerde graankosse
  • piesangs
  • perskes
  • sitrusvrugte
  • grondboontjies
  • jogurt
  • kaas
  • melk
  • gefortifiseerde lemoensap

 

 

Deur Sarah Jio

 

Trek jou kind sy neus op vir kos? Kliek hier vir 3 wenke vir kieskeurige eters.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief