×
Skakel na Engels

Moet-hê-Maandag – Cuisipro Ice Cream Scoop & Stack

Op ʼn warm dag is daar darem maar niks lekkerder as ʼn roomys nie. Raak kreatief met dié lekkerny met die Cuisipro Ice Cream Scoop & Stack.

Hierdie toestel kan deur hard gevriesde roomys sny om selindriese sirkels te vorm wat op ʼn wye verskeindenheid maniere bedien kan word. Stapel verskillende geure roomys op mekaar vir ʼn speelse roomys-toring, bedien dit in ʼn wafelbakkie vir ʼn meer stylvolle vertoning, of geniet dit eenvoudig met sjokoladesous vir ʼn alledaagse bederf.

Die ergonomiese-skep vorm die ronde patroon met ʼn maklike draai-en-lig aksie. ʼn Knop beheer wanneer en waar die roomys ingeskep word.

Die Cuisipro Ice Cream Scoop & Stack is beskikbaar by YuppieChef in pienk, groen of wit teen R230, en is boonop geskik om in die skottelgoedwasser te gebruik.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief