×
Skakel na Engels

Moet-hê-grimeergeskenke vir die vroue in jou lewe

Ons sou nie omgee vir só iets onder ons Kersboom nie …
Moet-hê-grimeergeskenke

Is jy radeloos oor wat jy vir die skoonheidsbehepte vroue in jou lewe vir Kersfees moet gee? Hier is ’n paar interessante kerskous-items wat hul Kerstyd nog meer feestelik sal maak. 

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Stila Stay All Day Waterproof Liquid Eye Liner & Huge Extreme Lash Mascara Set

Hierdie stel kombineer twee van Stila se topverkopers: ’n maskara en vloeibare oogomlyner. Gebruik dit saam om die regte soort drama te skep.

Lush Santa Baby Lip Tint

Al die kleur van ’n deurskynende glans, gekombineer al die voedingskrag van ’n lipbalsem? Dis presies wat hierdie feestelike liptint van Lush beloof. 

Lees ook: Die beste skoonheidsgeskenkpakke om hierdie Kersfees te gee

Gold Chubby Fish Tail Brush

Enige modevoorloper sal gaande wees oor hierdie meermin-geïnspireerde grimeerkwas. 

Clarins Sweety Lips

Al die bestanddele vir voller lippe in een pakkie: ’n lipstiffie, lip-olie en twee buisies van die handelsmerk se helende lipglans. Maak jou maar reg vir ’n soen onder die misteltak …

Essence Prismatic Hololighter-stiffie

Glansblossers en -aksentpenne is groot nuus en jy hoef nie eens by natuurlike kleure te bly nie. Hierdie prismatiese glansblosser verleen ’n blou-silwer-pers glans en is op die oomblik hoogmode. 

Lees ook: 10 selfdoen-toedraai-idees vir Kersgeskenke

YSL Baby Doll Kiss & Blush Duo Stick No. 1

Twee-in-een-grimeerprodukte is super-gerieflik, en dis waarom hierdie produk so ’n wenner is. Vir lippe? Ideaal. Vir wange? Onverbeterlik. Vir lieflike kleur? Perfek.

The Body Shop Star Stamp Liner

Die punt van hierdie omlyner is in die vorm van ’n ster, en vir ’n sterbelaaide voorkoms hoef jy dit eenvoudig aan te stip.

Slegs in winkels beskikbaar.

eyes, eye liner, makeup, cosmetics, beauty, stars, christmas, festive, holidays, gifting

The Body Shop Star Stamp Liner / R80

Catrice Cosmetics Brown Collection-naellak in Goddess of Bronze

Die jongste naellakversameling van Catrice is nuut geformuleer en gemaak om te hou. Boonop is die kleure, soos hierdie besondere brons, ook nie te versmaai nie! 

Geniet jou inkopies!

FOTO: iStock/Vera_Simon

LEES OOK:

Ons Kerfees-geïnspireerde weeklikse maaltydplan

Klop Kersfeesstres

Hoe om jou Kersuitgawes te beheer

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
3 maniere om te kroek met jou Kersfeesete!

Dis ’n plesier!

Close