×
Skakel na Engels

Moet daar van vroue verwag word om grimering werk toe te dra?

Beslis nie!
grimering

Baie van ons is nie oggendmense nie. Om vroeg te moet opstaan, gekombineer met die wete dat ons heeldag by die werk gaan wees, kan tot ’n minder entoesiastiese wegspring lei. Wanneer ons die sluimerknoppie uiteindelik vir ’n laaste keer dooddruk en opstaan om te begin regmaak, is ons tyd min. Om pligsgetrou te grimeer is net een van die baie takies waaruit ons oggendroetine bestaan. Waarom al die moeite?

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Baie vroue geniet dit om hul gesigte soggens in te kleur, want dit laat hulle goed voel. Sommige verwys daarna as hul oorlogsverf – iets wat hulle help om die dag met selfvertroue in te gaan. Daar is egter net soveel vroue wat eerder sonder grimering sou wou bly, maar verplig voel om “respektabel” by die werk op te daag. Maar beteken “respektabel” noodwendig ’n opgemaakte gesig?

Lees ook: 7 stappe wat enige iemand in ’n oggendmens kan verander, volgens ’n sielkundige

Alles oor grimeringveroordeling (makeup shaming)

Grimeringveroordeling is ’n werklikheid, en dit kom veels te algemeen in die sakewêreld voor, veral in poste waar ’n persoon met kliënte en die publiek omgaan. In sekere velde is dit te verstane, soos by grimeerkuns (waar jy ’n wandelende advertensie van jou talente is), maar in ander velde behoort dit onaanvaarbaar te wees om voor te skryf hoe personeellede hulleself aan die wêreld moet voorstel. Hulle werk is veronderstel om namens hulle te praat en hul sukses te bepaal. 

Maar dit is 2017 en nie 1950 nie.

Al is dit vroue se keuse om met grimering werk toe te gaan of nie, is daar steeds baie mense wat op ’n sekere persepsie van skoonheid reageer. Dit beteken dat ons kollektiewe gesindheid teenoor skoonheid moet verander; ons moet dit herdefinieer as iets wat natuurlik voorkom en nie die produk van maskara en lipstiffie is nie. Ons as vroue moet onsself afvra of ons nie dalk besig is om iemand anders op grond van haar grimeerkeuses te veroordeel nie, en moet onthou dat dit ’n persoonlike keuse is en nie iets wat van ons verwag moet word of aan ons voorgeskryf mag word nie.

Lees ook: Nege van ons gunstelingselebs sonder grimering

Vir diegene wat daarvan hou om te grimeer, moenie ophou nie. (Met al die nuwe en opwindende skoonheidsprodukte wat gedurig vrygestel word, blameer ons jou nie!) Maar doen dit net as jy daarna voel, nie omdat jy verplig is nie.

Noudat die #nomakeup-beweging in volle swang is, sal vroue hopelik besef dat ons nie agter lae onderlaag of vals wimpers hoef weg te kruip nie; ’n natuurlike voorkoms is net so treffend, en ’n skoon gesig behoort dieselfde bewondering te geniet as een wat gekontoer, geaksentueer en gepoeier is.

FOTO: iStock/lechatnoir

LEES OOK:

Hoe om goed te lyk sonder grimering

Slim kunsies om grimering te verwyder

5 grimeerneigings wat jy maar kan los

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe en waar om aksentgrimering aan te wend

Hou die blink kant bo!

Close