×
Skakel na Engels

Moeitevrye, gesinsvriendelike etes vir die hele week

Ja, asseblief!

Maandag: Hoender op kaserige preie

Hierdie vullende gereg is trooskos op sy beste! Die hoender word in parmaham toegedraai om die vleissappe in te seël, terwyl die preie propvol geur is. Die kaserigheid van die kruiegeur-roomkaas bind die gereg heerlik saam.

Dinsdag: Kerrie met lamsmaalvleis

Kikker jou week se spyskaart met ’n pikante kerrie op. Die kerriepasta en klappermelk werk saam om ’n romerige, geurige gereg te skep. Sit dit met vars platbrood voor sodat almal daardie lekker sous kan opslurp.

Woensdag: Gebakte stokvis met suurlemoen en kruie

Vars en lig … hierdie stokvisgereg is maklik om te maak, maar lyk indrukwekkend genoeg om dit selfs vir die skoonmense voor te sit 😉 Die sitrusgeure maak dit ideaal vir ’n buitelugete op ’n soel somersaand.

Donderdag: Worsiegebak met uiesous

Lekker kos hoef jou nie ure te neem om te maak nie; dit behoort eerder vinnig en moeitevry te wees, soos hierdie eenskottel-worsgereg. Die kinders kan help deur die beslag te meng terwyl jy die res van die bestanddele voorberei, en dan gaan alles oond toe!

Vrydag: Tuna-en-kaas-nacho’s

Net soos ’n Mexikaanse lasagne raak die nacho’s op die bodem sag terwyl dié gereg bak – njam!  En Vrydae wil ’n mens jouself ’n bietjie bederf – jou gesin sal dol wees oor hierdie kaserige gebak!

Saterdag: Gnocchi-en-chorizogebak

’n Heerlike, dekadente gesinsgereg, net reg vir die naweek! Probeer gerus om jou eie gnocchi te maak, of kies die kortpad-opsie en koop dit by die supermark. Hierdie resep gebruik slegs vyf bestanddele, wat dit ’n vinnige, maklike staatmakergereg maak.

Sondag: Vinniger coq au vin blanc

Hierdie Frans-geïnspireerde gereg is perfek vir ’n luilekker Sondagmaal saam met die familie. Gebruik ’n drukkoker om te verseker dat alles perfek gaar is en dat die geur nie verlore gaan nie.

Nagereg: Rabarber-en-krummelroomys

Ons is so opgewonde oor die langer, warmer dae en daar’s min goed so lekker soos om op ’n snikhete dag roomys te eet! Hierdie roomyspoeding is so maklik – jy het nie eens ’n spoggerige roomysmaker nodig nie. Enige een kan dit dus probeer! 

Naweekgebak: Appeltert

Hierdie appeltert is die perfekte oplossing as jy ’n oormaat vrugte het. Maak seker jy behou die skil as jy dit bak, maar verwyder die kerns. ’n Varsgebakte appeltert met ’n skeppie room of roomys klink hemels!

LEES OOK:

5 kosse vir ’n vlekkelose gelaat

Wat jou kosdrange werklik beteken

5 ongesonde “gesondheidskossse”

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Smulgeregte vir elke dag van die week

Lekker eet!

Close