×
Skakel na Engels

Moedersdagkopies vir minder as R150!

Bekostigbare presente waaroor jou ma dol sal wees

Moedersdag kom al hoe nader (Sondag 14 Mei – ja, hiérdie Sondag!) en dis ’n dag wat opgedra is aan dié wat dit hul missie maak om ander eerste te stel. Hier is ’n paar fantastiese geskenke wat jou nie ’n plaas se prys sal kos nie:

Vir die ma wie se kombuis haar hartsplek is

Gaas-teesif – R45*

strainer

www.poetrystores.co.za

Teeliefhebbers sal dol wees oor hierdie teesif met sy vintage-styl. Jy kan dit by Poetry kry.

Eierposjeer-stel – R89,95*

Egg-Poacher-Set-6009182633277

www.woolworths.co.za

As jou ma iemand is wat geposjeerde eiers vir ontbyt verkies, dan is hierdie die ideale geskenk. Kry dié posjeerstel by Woolworths.

Stamper en vysel – R129 (op uitverkoping)*

pestle

www.home.co.za/home

Verryk ma se kookervaring met hierdie stamper en vysel van @home.

Vlekvryestaal-Supra-staander vir kombuisgerei – R149*

holder

www.yuppiechef.com

Hierdie sjiek staander sal ’n tikkie glans aan enige kombuis verleen, en dit hou boonop al daardie lepels en spane netjies bymekaar. Kry dit by Yuppiechef.

Vir die ma met ’n groeihand

Gourmet Slab of Seed-roerbraaigroente – R69*

seeds

www.yuppiechef.com

Só lyk tuinmaak in die 21ste eeu! Elke pak bevat ’n staaf van grond, organiese bemesting en groentesaad, en dit kan op enige plek geplant word, selfs in potte. Dis perfek vir die kombuisvensterbank. Slow Delicious bied ’n hele reeks saad om van te kies. Kry dit by Yuppiechef

Essential Tools-saadkoevertjies – R129 vir ’n pak van 12*

seed envelopes

www.yuppiechef.com

Dis baie nuttig om saad in te bêre en te orden. Jy kan die naam van die saad op die koevert skryf, asook die datum waarop dit geoes is. Hierdie koevertjies is by Yuppiechef te koop. 

Gardens Unfurled-inkleurboek vir volwassenes – R145*

colouring

www.poetrystores.co.za

Hierdie volwasse-inkleurboek is ideaal vir kreatiewe siele wat dol is oor die buitelug. Gee dit saam met ’n pakkie inkleurkryte vir jou ma. Dié boek is by Poetry te koop.

Orgidee in ’n keramiekpot – R149,99*

Orchid-in-Ceramic-20194017

www.woolworths.co.za

’n Orgidee is altyd ’n gawe geskenk, veral op Moedersdag! Niks sê “Ma, ek’s lief vir jou” soos hierdie besonderse blom nie. Koop dit by Woolworths.

Vir die ma wat daarvan hou om haar huis mooi te maak

Moedersdag-koffiebeker – R59,95*

Happy-Mother-s-Day-Mug-6009204621046

www.woolworths.co.za

Hierdie beker met sy Moedersdag-bewoording sal jou ma elke keer aan jou herinner wanneer sy daaruit drink. Dis van Woolworths.

Simply Home-afdruk met “Love” in koper – R109*

otherpicture320161007091415

www.yuppiechef.com

Kikker ’n muur in ’n vertrek – soos die woonkamer waar almal dit kan sien – met hierdie pragtige afdruk op. Dit is by Yuppiechef te koop.

Spanspekbakkie – R125*

poetry bowl

www.poetrystores.co.za

Hierdie bakkie kan vir alles van kos tot juwele en snuisterye ingespan word. Jou ma sal dol wees daaroor! Dis by Poetry te koop.

Sarah Jane-roos-en-geranium-kers – R149*

scented candle

www.yuppiechef.com

Hierdie kers ruik absoluut hemels en spog boonop met ’n pragtige verpakking. Dit is van Yuppiechef.

Vir die ma wat van mooi modes hou

Gebreide Monica-mussie – R65*

beanie

www.poetrystores.co.za

Dié sagte mussie is gemaklik en prakties en ideaal vir die modebewuste ma wat steeds warm wil bly. Die strikkie gee dit ’n vintage-gevoel. Koop dit by Poetry.

Vingerlose handskoene – R120*

Knit-Fingerless-Gloves-6009204636064

www.woolworths.co.za

Hierdie handskoene is in verskeie kleure beskikbaar en die feit dat dit nie vingers het nie, maak dit meer prakties. Jy kan dit by Woolworths koop.

Geweefde Sylvie-serp – R120*

scarf

www.poetrystores.co.za

Maak seker jou ma het iets stylvol dog snoesig om haar hierdie winter teen die koue te beskerm. Die fraiingrand gee dié serp ’n moderne kinkel. Dis by Poetry te koop.

Insteek-pantoffels – R140*

Print-Loafer-Slippers-6009204296152

www.woolworths.co.za

Elke ma kort ’n paar snoesige pantoffels om haar voete warm te hou, veral soggens wanneer dit so koud is of oor naweke wanneer ’n mens in jou pajamas wil boer! Hierdie stylvolle paar is by Woolworths te kry.

FOTO: iStock/Studio1One

* Pryse korrek soos wanneer gepubliseer. Onderhewig aan beskikbaarheid.

LEES OOK:

Bederf jou ma hierdie Moedersdag! 

8 tekens dat jy in jou ma verander

7 wonderlike maniere om ’n nuwe ma te help

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
8 Moedersdag-geskenke vir minder as R200

Van smulgoed tot snuisterye en spoggeskenke

Close