×

Mense is dol oor die glansryke mevrou Sinterklaas in die Marks & Spencer-Kersfeesadvertensie

En die advertensie is ook baie spesiaal …
Marks & Spencer

 

Met al die Kersadvertensies is dit Marks & Spencer se beurt om die hele land se hart te roer met hul feestelike advertensie.

Die advertensie word Christmas with Love genoem en volg die verhaal van Jake en sy kibbelende suster, Anna … en ook die storie van mevrou Sinterklaas.
 
Maar vergeet die joviale beeld van Sinterklaas se vrou met die rosige wange en ’n klein brilletjie en grys bolla – want M&S se mevrou Kersfees (vertolk deur Janet McTeer) is ongelooflik glansryk.
 
In die advertensie stuur Jake ’n brief aan mevrou Sinterklaas met die onthulling dat hy iets spesiaals vir jy groot suster wil doen – hy wil vir haar ’n paar rooi, glimmende oefenskoene gee. En terwyl Sinterklaas presente rondom die wêreld uitdeel, is sy vrou op ’n avontuur van haar eie.

Sy verruil ’n snoesige trui vir ’n pragtige rooi rok en gaan Londen toe in haar private helikopter – met die gepaste naam R-DOLF – om Jake se geskenk persoonlik af te lewer.

En dis nie net die advertensie se lokettreffer-gevoel waaroor ons dol is nie, maar die feit dat mevrou Sinterklaas nog nooit sexiër was nie … basies is sy alles waarna ons hierdie Kersfees streef.

via: Good Housekeeping

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoekom jy nooit jou Kerskalkoen moet was nie

Dit kan meer kwaad as goed doen

Close