×

Meghan Markle onthul hoe dit was om die koninklike familie die eerste keer te ontmoet

Dit moet vreesaanjaend wees! Deur Sophie Hines
harry en meghan

Om jou toekomstige skoonfamilie die eerste keer te ontmoet kan vir enige iemand senutergend wees, maar verbeel jou jy word deel van ’n koninklike familie.

Wel, vir prins Harry se verloofde, Meghan Markle, was dit die werklikheid – maar in ’n onderhoud met die BBC het dit gelyk of dié ondervinding haar nie van stryk gebring het nie.

Die paartjie het onthul dat hulle hul romanse verskeie maande lank heeltemal geheim gehou het, maar toe die hertog en hertogin van Cambridge daarvan te hore gekom het, wou hulle Meghan baie graag ontmoet. “William en Catherine was desperaat om haar te ontmoet,” het Harry onthul. Meghan het gesê Kate was veral “wonderlik” toe sy haar in die familie verwelkom het.

Die paartjie het ook ’n “handvol teegeleenthede en ontmoetings” met Harry se pa, prins Charles, gehad, wat “absoluut egte ondersteuning” gebied het.

Meghan het ook die koningin ontmoet, wat sy as ’n “ongelooflike vrou” beskryf het. “Dis ongelooflik om haar deur sy lens te ontmoet,” het Meghan gesê oor “die liefde wat [Harry] vir haar as sy ouma het”. Prins Harry het gegrap dat die koningin se corgi’s dadelik van Meghan gehou het. “Die corgi’s het jou dadelik aanvaar,” het hy aan sy toekomstige vrou gesê. “Hulle blaf al die afgelope 33 jaar vir my!” het hy gelag.

Dit klink of Meghan heel maklik sal tuis raak! 

 

Van: Good Housekeeping UK

Foto: Getty Images / Gallo Images

Lees ook:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Prins Harry en Meghan Markle bring hulde aan Diana

Harry sê hy wens hy kon hul verlowing met sy ma deel. Deur Sophie Hines

Close