×
Skakel na Engels

Mamma Mia 2 is op pad!

Beste. Nuus. Ooit. Deur Victoria Chandler
Mamma Mia

Musiekfliek-aanhangers, is julle gereed hiervoor? Dit is onlangs bevestig dat ’n opvolg vir Mamma Mia! verfilm gaan word … met die oorspronklike akteurs! BBC berig dat dieselfde groep wat aan die eerste rolprent gewerk het hul rolle vir die opvolgverhaal van dié ABBA-geïnspireerde musiekrolprent gaan hervat.   

Meryl Streep, Amanda Seyfried, Pierce Brosnan en Colin Firth gaan blykbaar almal weer in die rolprent verskyn, en die ABBA-lede Benny Andersson en Björn Ulvaeus sal die uitvoerende vervaardigers wees. Volgens Deadline gaan die fliek in middel-2018 uitgereik word en gaan die klankbaan ’n hele paar ABBA-treffers insluit wat nie in die eerste rolprent was nie. 

Die oorspronklike fliek in 2008 was ’n reuse-sukses en het wêreldwyd $615 miljoen gemaak. Die verhaal van Mamma Mia! het op die Griekse eiland Kalokairi afgespeel waar Sophie (Amanda Seyfried) drie mans na haar troue nooi om vas te stel watter een van hulle dalk haar biologiese pa is. 

Sy het dit egter sonder haar ma, Donna (Meryl Streep), se medewete gedoen. En so daag Sam Carmichael (Pierce Brosnan), Bill Anderson (Stellan Skarsgård) en Harry Bright (Colin Firth), asook Donna se skreeusnaakse vriendinne Rosie en Tanya (Christine Baranski en Julie Walters), almal vir die feesvieringe op … Dit is ’n regte goedvoelfliek.

En nou kan al die Dancing Queens daar buite die slapies begin tel vir die opvolg, Mamma Mia: Here we go again!

Van: Good Housekeeping UK

FOTO: Gallo Images/Getty images

LEES OOK:

10 gewildste SA selebs op Instagram 

REGTE TROUE: Almarette en Rigardt se sprokiesmooi troue in die woud 

10 TV-reekse wat jy nie mag misloop nie 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Nicole Kidman het dalk die aap uit die mou gelaat oor ’n 2de reeks van “Big Little Lies”!

Laura Dern en Reese Witherspoon het ook iets oor ’n opvolgreeks laat val! Deur Emma Dibdin

Close