×
Skakel na Engels

Maandstonde-verlof kan dalk ’n werklikheid word

Italianers baan dalk die weg vir die res van die wêreld …
Maanstonde-verlof

Soos ons weet is ’n vrou se maandstonde allesbehalwe ’n aangename tyd, en die Italiaanse regering blyk nou ’n poging aan te wend om die pyn en lyding wat daarmee gepaardgaan ietwat te verlig.

Baie vroue kry erge maagkrampe voor én tydens hul maandelikse menstruele siklus, wat dit baie moeilik kan maak om uit die bed op te staan. Die Italiaanse regering en sakebedryf het opgemerk dat vroue se vermoë om te werk en gefokus te bly, afneem wanneer hulle hul maandstonde het, selfs al drink hulle pynpille.

Dit is waarom hulle alle maatskappye aanmoedig om vir hul vroulike werknemers drie dae betaalde maandstonde-verlof te gee wat niks met hul standaard-siekverlof te make het nie.

Baie voel dit is ’n positiewe stap in die regte rigting wat werknemerverhoudinge en werksetiek betref omdat vroue wat wel erge pyne kry, hulself nou in die gerief van hul eie huis sal kan dokter sonder om van hul siekverlof te verloor. 

Op die oomblik het vroue wat erge menstruasiekrampe kry een van twee keuses: Om ’n spul anti-inflammatoriese middels gedurende hul maandstonde te neem om die pyn te verlig, of om ’n paar dae siekverlof te vat. Dit laat hulle egter met minder siekverlof vir wanneer hulle werklik ernstig siek is.

Ander sê dit kan ’n negatiewe uitwerking vir vroue hê omdat maatskappye dalk nou eerder mans sal wil aanstel. Hoewel maandstonde-verlof dus ’n werklike probleem vir vroue sal oplos, kan dit op lang termyn nadeling vir hul loopbane wees.

Hoewel die wet nog nie goedgekeur is nie, is ons nuuskierig om te sien watter ander Europese lande in Italië se voetspore sal volg.

FOTO: iStock/SolStock

LEES OOK: 

Maandstonde-bestande onderklere is hier!

Premenstruele disforiese versteuring: Waarom jy voor jou maandstonde neerslagtig kan voel  

5 wenke oor hoe om met jou dogter oor haar maandstonde te praat

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hier is alles wat jy van vroeë menopouse moet weet

Een uit 100 vroue sal hul menopouse voor hul veertigste verjaarsdag bereik. Deur dr. Sara Kayat

Close