×
Skakel na Engels

Maak ’n top van ’n syserp in 3 maklike stappe

Ons kan nie wag om dit te probeer nie!
syserp

Die somer is ’n fantastiese tyd om met mode te eksperimenteer, want daar is sooo baie wat jy kan doen! Helder kleure en interessante vorms is ’n puik manier om die warmer weer te vier, en Trenery het met ’n briljante idee vorendag gekom wat albei behels: Hoe om ’n syserp in ’n sjiek moulose top te omskep wat jy vir die dag of aand kan dra! Hier wys ons jou hoe in 3 maklike stappe:

Lees: Daar is ’n groot verskil tussen mode en styl

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Stap 1:

Sprei twee serpe op ’n plat oppervlak bo-op mekaar uit en knoop elk van die twee boonste hoeke aan mekaar vas. Trek dit oor jou kop en maak seker die knope sit netjies op jou skouers.

Stap 2:

Bring die onderste twee punte van die agterste serp na vore en knoop dit stewig onder die voorste serp vas. 

Lees: Hoe om op enige ouderdom met selfvertroue aan te trek

Stap 3:

Herhaal dit aan die agterkant deur die twee onderste punte van die voorste serp in die holte van jou laerug vas te knoop, en steek die knoop onder die “top” in.

En siedaar! Die een oomblik hou jy ’n syserp vas, en die volgende oomblik dra jy ’n sjiek top!

BRON: Trenery

FOTO’S: Met vergunning van Trenery

LEES OOK:

8 maniere om ’n syserp te dra

7 maniere om jou klerekas gereed vir die somer te kry

10 modewenke om jou jonger te help lyk

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
15 treffergeskenke vir tieners vir onder R200

Handel jou Kersinkopies tjoef-tjaf af!

Close