×
Skakel na Engels

Maak jou oond of braairooster tjoeftjaf skoon

Hierdie handige helper maak skoonmaak kinderspeletjies!
Plush webvertorial

 

Die feestyd is lankal vergete en die nuwe jaar is in volle gang. Maar dit beteken nie ons kan nie steeds die lieflike weer geniet nie. Of jy nou ’n maaltyd vir jou gesin in die oond maak of saam met vriende braai, Plush het die ideale produk om jou oond en jou braairooster gereed vir aksie te hou – Plush Supreme Oven Cleaner.

Watter gaarmaakmetode jy ook al verkies, Plush Supreme Oven Cleaner help jou om stresvry skoon te maak. Dit dring deur vetterigheid en verwyder aanpaksels doeltreffend. Volg die maklike aanwysings om jou oond met Plush Supreme Oven Cleaner skoon te maak.

oven cleaner

Foto: Plush

Hoe om Plush Supreme Oven Cleaner te gebruik

1. Verhit jou oond tot 90 °C en skakel dit dan af. Die hitte help om al die vetterigheid en aanpaksels te laat sag word sodat dit vinniger en doeltreffender verwyder kan word.

2. Spuit Plush Supreme Oven Cleaner op die deel wat jy wil skoonmaak en los dit vir vyf minute met die oonddeur oop. Onthou om die blikkie oondreiniger voor en gedurende gebruik goed te skud.

3. Gebruik ’n sagte lap om al die vetterigheid en aanpaksels in die oond weg te vee, en vee dan die oond met ’n lap en skoon, louwarm water skoon om enige oortollige oondreiniger te verwyder.

4. Vir hardnekkige vuiligheid, volg stap een en twee en los oornag. Maak dit dan die volgende oggend verder skoon.

Wenk: Plaas ’n bakplaat op die onderste oondrak om vetterigheid en kos wat mors op te vang wanneer jy iets morsigs bak, braai of rooster.

Plush logo

Volg @PlushSA op Facebook  of @Plush_ZA op Twitter, of besoek Plush vir nog inligting oor Plush.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Sê koebaai vir vuiligheid met hierdie wonderlike produk

Takel vuiligheid met hierdie briljante produk

Close