×
Skakel na Engels

Maak jou kinders welwillend groot

Leer jou kinders hoe om aan die gemeenskap terug te gee – doen dit as ’n gesin

 

 

1. Stel die regte voorbeeld

 

“As jy wil hê jou kinders moet verstaan hoekom dit so belangrik is om ander te help, moet jy die regte voorbeeld stel en saam met hulle vrywillige werk doen,” sê Joy Harn, ’n welsynorganiseerder.

 

2. Bied ’n koekverkoping aan

 

Bak lekkernye saam met jou kinders en skenk die wins aan ’n welsynorganisasie van jul keuse. Wanneer jou kinders van die begin tot die einde deel van die proses is, sal hulle besef watter voordele en beloning dit inhou wanneer mens gee.

 

3. Moedig jou kinders aan

 

Ondersteun jou kinders deur hulle te help om ’n klere-insameling by die skool te hou. Hulle kan ander leerders vra om ou (maar steeds drabare) klere skool toe te bring en dit dan by ’n weeshuis of kinderhuis aflewer.

 

 

Watter welsynsorganisasies ondersteun julle as gesin? 

 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief