×
Skakel na Engels

Maak jou hond se dag

5 soorte speelgoed vir honde

 

 

1. Die Kong Flyer (R175, Absolute Pets) is duursaam, van natuurlike rubber gemaak en bied goeie oefening vir jou hond (en vir jou).

 

2. Dié prettige Mini Squeak Chain (R110, Absolute Pets) met vyf piepers is ideaal vir kleiner honde.

 

3. Die Mini Okra Bone (R125, Absolute Pets) is goed vir jou hond se kaakspiere en sorg vir gesonde tande. Nog ’n goeie kopie vir klein honde.

 

4. Die Extreme Goodie Bone (R195, Absolute Pets), ook van Kong, is nie net ’n speelrubberbeen nie, jy kan dit vol lekkernye stop!

 

5. Het jy geweet jy kan ’n donasie vir DARG (Domestic Animal Rescue Group – ’n niewinsgewende organisasie wat mishandelde, verwaarloosde en weggooikatte en -honde red, versorg, steriliseer en nuwe huise vir hulle vind) by Absolute Pets koop? Vir net R335 sal hulle ’n 20 kg-sak hondekos by die skuiling se perseel in Houtbaai aflewer. Dit beteken jy gee een hond vir ’n maand kos of gee 40 honde ’n goeie maaltyd.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 Goeie Diereboeke

Lees oor visse, katte, voëls en honde in ons keur van onontbeerlike troeteldierboeke wat op kalahari.com beskikbaar is

Close