×
Skakel na Engels

Maak hierdie anderste, maar lekker bobotiegereg vir Erfenisdag

Vier Erfenisdag met hierdie klassieke Suid-Afrikaanse gereg met ’n kinkel
bobotie

Sasko is ’n handelsnaam met ’n ryk erfenis. Dit help ons al sedert die 1930’s om smullekker toebroodjies te maak en ons kan vandag nog die moeite en sorg proe waarmee hul brood gemaak word. Sasko is voortdurend besig om hul meul- en bakproses te verbeter. Jy kan dus gerus op dié handelsnaam staatmaak wanneer jy vir jou gesin heerlike en heilsame etes wil berei.

Ter viering van Erfenisdag in September, hoekom verras jy nie jou gesin met Sasko se innoverende bobotieresep nie?! Dis maklik om te maak en neem net 40 minute. Die resep lewer tussen 26 en 40 happies – net reg vir ’n familiefees! Hier is die resep:

Mini-bobotiehappies met Sasko Soy & Linseed-brood

Bereidingstyd: 20 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

Maak: 26 tot 40 happies

Bestanddele

1 x Sasko Plus+ Soy & Linseed-brood

2 snye Sasko Low GI-bruinbrood of -witbrood, korsies afgesny

375 ml melk

25 ml olie

10 ml botter

2 uie, gesny

2 knoffelhuisies, fyngedruk

25 ml kerriepoeier

10 ml sout

25 ml blatjang

15 ml gladde appelkooskonfyt

15 ml worcestersous

5 ml borrie

25 ml bruinasyn

1 kg beesmaalvleis

100 ml sultanas

3 eiers

Vir die broodbakkies

1. Voorverhit die oond tot 180 °C.

2. Verwyder die korsies van die Sasko Plus+ Soy & Linseed-brood en rol die snye plat.

3. Druk of sny die vorms vir die happies uit. Jy behoort 3 tot 4 sirkels uit elke sny te kry.

4. Spuit jou muffinpan met kossproei.

5. Plaas die broodsirkels in die minimuffinpan en druk dit in die holtes in.

6. Bak vir 10 minute.

7. Haal die pan uit die oond en laat afkoel.  

Vir die bobotievulsel

1. Week die Sasko Low GI-bruinbroodsnye of -witbroodsnye in melk.

2. Verhit die olie en botter in ’n groot pot of pan. Braai die uie en knoffel.

3. Sodra die uie sag is, voeg die kerriepoeier, sout, blatjang, konfyt, worcestersous, borrie en asyn by.

4. Dreineer en druk die Sasko Low GI-bruinbrood en -witbrood fyn; hou die melk.

5. Voeg die brood, maalvleis en sultanas by die uiemengsel.

6. Meng goed om te verseker dat daar nie klonte is nie.

7. Sodra die maalvleis lig van kleur is, verwyder van die hitte.

8. Klits een eier en voeg dit by die maalvleis.

9. Meng die orige eiers en die melk wat jy gehou het.

10. Verdeel die mengsel tussen die broodholtes in die muffinpan.

10. Giet die melk-en-eiermengsel in elke holte totdat die maalvleismengsel goed bedek is.

11. Bak in die oond vir 5 minute totdat die eier geset het.

12. Geur met sout en geniet.

Besoek www.sasko.co.za vir heerlike resepte en nog inligting oor Sasko-produkte. Volg @SaskoSA op Facebook en Twitter.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Goeie Huishouding gesels met die selebsjef Mynhardt Joubert

Leer ken sjef Mynhardt ’n bietjie beter!

Close