×
Skakel na Engels

Maak gebruik van dié aanbod vir GRATIS AFLEWERING van hierdie trefferboek

Gebruik SnapScan om Naomi Meyer se  trefferboek Web in 3 maklike stappe by Exclusive Books te koop en dit sal gratis by jou deur afgelewer word. 
exclusive books

Naomi Meyer se spanningsverhaal Web handel oor die karakter Sophia Stipp, wie se sewejarige aangenome dogter wegraak. Maar haar dogter se ontvoering is slegs een van die dinge wat in Sophia se lewe skeefloop. Haar huwelik is in die moeilikheid, haar werk by BoekWeb is in gevaar, en boonop word sy self ook ontvoer. 

Die titel van die boek word deur die hele roman as tema gebruik deurdat die verskillende betekenisse van die woord “web” ingespan word: Daar is die web van die ontvoerders, die web van verhoudings tussen families en bevolkingsgroepe en die wêreldwye web. Dis die soort boek waaroor ’n fliek gemaak kan word.

Naomi Meyer is nie net ’n talentvolle skrywer nie, maar ook ’n gekwalifiseerde prokureur. Nadat sy haar regstudie en klerkskap in Bloemfontein voltooi het, het sy haar meestersgraad in Afrikaans aan die Universiteit van Kaapstad voltooi. Naomi se jeugroman, Ruik jy die filmster, is in 2006 uitgereik. 

Web is ideaal om jou in die komende wintermaande besig te hou!

Gebruik SnapScan om hierdie boek nóú by Exclusive Books te koop. Al wat jy moet doen, is om hierdie kode te skandeer en jy kan Naomi Meyer se Web vir R257 koop. Dit sal GRATIS by jou afgelewer word – wat jou R70 afleweringsgeld sal spaar!

Hoe om te bestel:

1.  Laai die SnapScan-app van jou app-winkel af.
2. Skandeer die ikoon hier onder en betaal deur die app te gebruik. Vul asseblief jou adresbesonderhede in om die betaling te voltooi.

Snapscan kode - Web

3. Jou eksemplaar van Naomi Meyer se Web sal gratis by jou deur afgelewer word.

Die aanbod is slegs in SA beskikbaar en solank voorraad hou tot 31 Mei 2017.

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
My Plakboek: Catherine Grenfell

DIÉ VIOOL HET AAN MY OUMA RHODIE DAWN BEHOORT. Sy was op ’n skip vanaf die VSA na die Kongo –...

Close