×
Skakel na Engels

Maak dié vrolike Kersversierings

Wys jou kunstige slag met hierdie handgemaakte boomversierings
kersversierings

Verskietende ster

Hierdie projek sal jou met nuwe oë na vuurhoutjies laat kyk!

1. Kliek hier om die verskietende-ster-patroon af te laai. 

2. Trek die sterpatroon op karton af en knip dit uit.

3.  Knip die rooi punte van vier vuurhoutjies af en vorm ’n plusteken in die middel van die ster soos aangetoon; plak dit met kunsgom vas.

4.  Plak vuurhoutjies, met die punte na buite, om die ster te bedek.

5.  Vorm ’n lussie met rooi borduurgare en heg dit met warm gom aan die agterkant van een van die seksies vas om die ster aan op te hang.

Papiervoëltjie

Maak ’n hele swerm ornamente deur oorskietgeskenkpapier aan mekaar vas te werk.

1. Kliek hier om die papiervoëltjie-patroon af te laai

2. Trek die kop-, bors- en lyfpatrone op geskenkpapier af en knip dit uit.

3.  Ryg borduurgare deur ’n naald. Werk die kopdeel met krielsteke van die nek na die snawel aan een van die lyfdele vas. Werk dan die kop van die snawel na die nek met krielsteke aan die tweede lyfdeel vas. Werk die res van die lyf al langs die stert – bo en onder – ook toe.

4.  Werk die een kant van die borsdeel van die stert na die snawel aan een kant van die lyf vas. Stop die voëltjie met watteersel. Werk dan die ander kant van die borsdeel van die snawel na die stert aan die lyf vas; maak ’n knoop om dit af te end.

5.  Heg krale vir ogies met kunsgom vas en ryg ’n lussie borduurgare deur die bokant van die voëltjie om dit aan op te hang.

LEES OOK:

Laai dié skedule vir jou Kersete af

5 Nuttige selfdoen-Kersgeskenke

10 beste aanlyn winkels vir Kersinkopies

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Gee ou Kersballe nuwe lewe

’n Bietjie verbeelding sal jou ver bring!

Close