×
Skakel na Engels

Liggaamskontoering: die sleutel tot ’n gladde vel en minder selluliet

Tot siens, dimpels en duikies! Deur Helen Wallace
Liggaamskontoering

Nes elke ander somer voel baie van ons nie heeltemal gereed om in ons nuwe bikini op die strand te verskyn nie. Die winter en die weglê aan koolhidrate sal hierdie uitwerking hê! Namate ons ouer word, verloor ons vel van sy elastisiteit en is dit nie meer so veerkragtig soos toe ons jonger was nie. Selluliet is ook meer hardnekkig, ten spyte van gereelde oefening en ’n gesonde dieet. Genadiglik is daar ’n revolusionêre behandeling wat beloof om te help.

’n Gladde afwerking

Exilis Elite-liggaamskontoering is ’n nuwe, pynlose en doeltreffende manier om van oortollige selluliet ontslae te raak. Ek het nog altyd ’n stryd met my dye gehad en toe die vriendelike span by Deluxe Laser & Spa my nooi om hierdie behandeling te gaan uittoets, het ek die geleentheid met albei hande aangegryp.

Lees ook: Wat werklik van die vet word wanneer jy gewig afskud

Hoe dit werk

Exilis Elite is ’n radiofrekwensiestelsel wat van ultrasoniese energie gebruik maak om jou vel fermer te maak. Dit is ontwerp om die weefsel diep onder die vel te verhit sonder om te brand. Gedurende die behandeling word vet afgebreek, ’n proses bekend as lipolise, en dit bevorder limfdreinering van die vet wanneer dit in ’n vloeibare vorm is. Meer nog, dit verferm die vel en verbeter elastisiteit. 

Die proses

Die opset by Deluxe Laser & Spa doen sy naam gestand … heerlik deluxe! Jy gaan lê op ’n bed in ’n spa-tipe omgewing met die gedeelte wat geteiken word, uitgetrek, en laat die res aan die tegnikus oor. Aangesien ons net op my dye fokus, het my twee sessies slegs ongeveer 20 minute geduur. ’n Olie word aan die vel gesmeer sodat die handstuk glad daaroor kan beweeg, en die sensasie is soortgelyk aan dié van ‘n sonar, maar heelwat warmer. Dink daaraan as ’n sellulietvernietigende warmklipmassering!

Lees ook: 5 maniere om selluliet te laat verdwyn

My ervaring

Eerstens moet ek daarop wys dat dit nie ’n kitsoplossing of ’n plaasvervanger vir ’n gesonde leefstyl is nie – sonder hierdie dinge gaan jy nie die resultate kan sien of behou nie. Bygesê, ná net twee sessies lyk my dye asof sommige van die bulte “uitgestryk” is. Dalk is dit die gevolg van al my hurkoefeninge, maar dit kan ook wees dat hierdie behandeling sy sout werd is. 

body contouring, deluxe laser, wrinkles, sagging, ageing, ultrasound, spa, treatment

Illustrasie: met vergunning van Exilis Elite

body contouring, elixis elite, stomach, sagging, ageing, spa treatment, ultrasound

Illustrasie: met vergunning van Exilis Elite

 

Foto: iStock/dolgachov

LEES OOK:

Droogborsel: Wat is dit en hoekom moet jy dit doen?

Raad van plastiese chirurge

Fermer boude en bobene

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wat is hialuroonsuur en waarom moet jy dit gebruik?

Tyd om jou vel behoorlik te bevog!

Close