×
Skakel na Engels

Legendariese SA kunstenaar kry haar eie boulevard in New York

Esther Mahlangu hou SA se naam in New York hoog
New York

Die bekende Ndebele-kunstenaar Esther Mahlangu is vereer met ’n straatskildery in Tribeca, New York, wat haar werk uitbeeld. Die kunswerk, so breed soos twee straatbane by die kruising van Franklinstraat en West Broadway se Citi Bike-stasie, beeld die kleurryke geometriese ontwerpe uit waarvoor Mahlangu so bekend is.

 

A post shared by Mmakgabo Komape (@mkeezee) on 

Esther Nikwambi Mahlangu is in 1935 in Middelburg, Mpumalanga, gebore. Sy het op die ouderdom van 10 begin verf en het die kuns van muurskilder by haar ma en ouma geleer, ’n talent tradisioneel aan haar Suid-Ndebele-voorgeslagte waar vroue die buitemure van hul huise geverf het. Dit is uit dié kulturele tradisie dat Mahlangu se kunsloopbaan gespruit het.

“Esther Mahlangu is oor die wêreld heen bekend vir haar unieke, kleurryke en geometriese skilderye wat internasionale handelsmerke en verskeie kunstenaars wêreldwyd inspireer. Haar werk help ook in ’n groot mate om ons kulture ten toon te stel en sal dié somer die mense van New York ’n blik op Suid-Afrika se lewendige Ndebele-kultuur gee,” het Bangu Masisi, die Amerikaanse bestuurder van Suid-Arikaanse Toerisme, by die onthullingsplegtigheid gesê, luidens ’n berig deur Huffington Post South Africa

Die straatskildery is onthul tydens die Suid-Afrikaanse fees wat op 16 September 2017 in Tribeca plaasgevind het. Die skepper van dié meesterstuk, wat Xola (bly in vrede) genoem word, is die New Yorkse kunstenaar Imani Shanklin Roberts.

Sy het haar opgewondenheid oor die projek en haar bewondering vir Mahlangu se werk op Instagram gedeel:

 

When I first came to New York to attend @prattinstitute in 2009 I didn’t imagine that this would be a city I would have a child in, create lasting memories in, let alone have success in my artistry in. Creating a mural in honor of an artist I’ve known all my life, in a city that isn’t welcoming to many, feels unreal. It feels like an aligning moment many of us have when the universe cocreates with us and is in agreement with our path. To you NYC,I present Xola, (Stay in Peace) –((A South African Name I named my daughter–*Alignment*))) a piece that is representative of a feminine energy force that is all encompassing, inclusive and awe-inspiring. Xola welcomes you to charge and open your divine feminine here amidst all that tries to stand against you. This is my form of resistance and protest– my expression. #blessed — photo credit (@ericmtownsend )) THANK YOU!!

A post shared by Imani Shanklin Roberts (@imaniniasr) on 

Die kunswerk is luidens berigte deel van ’n toerisme-ooreenkoms tussen Suid-Afrikaanse Toerisme se Amerikaanse afdeling, SAL en die gemeenskaplike-fietsprojek Citi Bike. Wat ’n trotse oomblik is dit nie vir Suid-Afrikaners oor die wêreld heen nie! 

FOTO: Gallo Images/Getty Images

LEES OOK:

3 plaaslike selebs laat Suid-Afrikaanse harte swel van trots 

16 plaaslike soetgoed en peuselhappies wat Suid-Afrikaners wat oorsee woon die meeste mis 

Eerste Michelin-ster vir ’n Suid-Afrikaner

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kom kyk hoe jou kleingoed se kuns by Future Park lewe kry

Speel in ’n digitale wêreld wat voor jou oë verander

Close