×
Skakel na Engels

Lees dít voordat jy vir jou kind hierdie “speelding” koop

Dink voordat jy koop …
spinner

As jy ’n kind op skool het, het jy waarskynlik al van “fidget spinners” gehoor. So waaroor gaan die bohaai nou eintlik? Hier is wat jy móét weet.

Wat is ’n “fidget spinner”?

Ons noem dit sommer ’n vroetelspinner! Hierdie nuwe “speelding” is ’n klein metaal- of plastiekapparaatjie met drie punte wat in jou hand tol. Dis blykbaar oorspronklik ontwerp vir kinders met outisme, angstigheid en aandaggebreksindroom (ADD) of aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS). Dit duik deesdae in al wat ’n klaskamer is op as ’n manier om “rustelose energie” te beheer en só kinders se geheue en fokus te verbeter. 

Dit het onlangs die moet-hê-speelding vir elke kind op die speelterrein geword, nie net vir dié wat dit regtig nodig het nie.

Hoewel die voordele nog nie wetenskaplik bewys is nie, word baie ouers steeds gedruk om dié speelgoed te koop met die hoop dat dit hul kinders sal help om beter te konsentreer. Pryse wissel van R145 tot R399 op www.takealot.com , wat dit ’n duur kopie maak as jy in ag neem dat sommige skole dié tolle begin verbied het omdat dit groot ontwrigting in klaskamers veroorsaak.

Hoekom word dit verbied? 

“Die spinners kan leerders en dié rondom hulle se aandag baie aflei,” het ’n laerskool in Massachusetts in ’n boodskap aan ouers geskryf waarin hulle vra dat kinders dit asseblief nie klas toe moet bring nie. “Daar is geen twyfel dat ’n soort vroeteltoestel wat deur ’n skool goedgekeur is vir sommige kinders kan werk nie. Die meeste leerders het egter nie hierdie vorm van aandagafleiding nodig nie.”

Baie skole in Suid-Afrika volg nou Brittanje en die VSA se voorbeeld deur hierdie vroeteltolle op die skoolterrein te verbied.

Moet jy vir jou kind een koop?

Nee, sê die onderwyseres Molly Callaghan. Sy meen dié speelgoed het al meer kwaad as goed in haar klaskamer gedoen. “Die ding is: Wanneer ’n leerder ’n konsentrasiehulpmiddel nodig het, word dit in sy of haar individuele opvoedingsprogram uiteengesit, maar nou sit ek met al hierdie kinders wat dit nie werklik nodig het nie en heeltyd daarmee speel,” het sy aan www.goodhousekeeping.com verduidelik.

Wat dink óns? Spaar jouself die moeite en geld en laat dié neiging maar oorwaai.

Uittreksels van ’n artikel wat op Good Housekeeping US verskyn het.

Foto: iStock/JasonDoiy

LEES OOK: 

Die nuwe aanlyn “speletjie” waarvan elke ouer moet weet: Blue Whale 

10 fantastiese kinderpartytjies wat jou mond sal laat oophang 

8 veluitslae op kinders waarvan elke ouer moet weet 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wat jy en jou kind van vakkeuses vir matriek moet weet

Gr. 9-leerders in Suid-Afrikaanse staatskole moet ernstige besluite neem wat die res van hul skooljare en moontlik hul loopbaankeuses sal...

Close