×
Skakel na Engels

Leer jou kinders ‘reg’ eet

Voeding speel ’n groter rol en kan meer ingewikkeld wees as wat die meeste ma’s besef. Dís wat jy moet weet

 

’n Basiese begrip van hoe voeding die gesondheid van jou kinders fisiek, intellektueel en emosioneel kan affekteer, kan ’n reuse-bydrae lewer tot jou sukses wat hul grootmaak betref.

Jy mag dalk nie verbaas wees om te hoor dat die oorgrote meerderheid van kinders nie gebalanseerde en gesonde etes van hul ouers af ontvang nie. Wat egter wel ’n verrassing mag wees, is dat vele van hierdie ouers onder die indruk is dat hulle hul kinders goed voed, eenvoudig omdat hulle nie van beter weet nie.

 

Maak gesonde kinders groot

Kinders wat goed gevoed word, floreer fisiek en op die akademiese front. Deur te verseker dat jou kinders ’n gesonde dieet volg, sal jy help om leefstylverwante siektes te voorkom en optimale groei te ondersteun.

Voldoende voeding in kinders:

  • Kweek sterk beendere en verseker dat hulle teen die korrekte pas ontwikkel;
  • Bou spiere wat noodsaaklik is om fisieke aktiwiteite te ondersteun;
  • Voorsien kinders van die brandstof wat hulle nodig het om hul daaglikse take af te handel; en
  • Voorkom talle leefstylsiektes, soos vetsug.

 

Dit is belangrik om daarop te let dat, tesame met die fisieke aspekte van volmaakte voeding, daar ook ’n aantal emosionele en sielkundige redes is vir ma’s om ‘n ferm greep op voedingskonsepte te hê. As jou kind se beendere en spiere byvoorbeeld nie teen die korrekte pas ontwikkel nie, sal hulle dalk nie aan dieselfde speletjies en aktiwiteite as hul skoolvriende kan deelneem nie, wat daartoe kan lei dat hulle as buitestanders verwerp word.

Voeding affekteer verskeie areas van jou kind se ontwikkeling, nie net hul fisieke welsyn nie. ’n Begrip van wat jou kind behoort en nie behoort te eet nie, is ’n belangrike deel daarvan om ’n verantwoordelike ouer te wees.

 

Rolmodelle

As ’n ma is jy jou kinders se hoof-rolmodel in die lewe. Dít beteken dat jou voedingsgewoontes moet ooreenstem met wat jy wil hê hulle moet eet. Dit help nie om daarop aan te dring dat jou kind sy groente eet of ’n vrug as peuselhappie vat as jy nie self bereid is om sulke gedrag te demonstreer nie.

Voeding speel ’n groter rol en kan komplekser wees as wat die meeste ma’s besef, so ’n agtergrond in voeding kan ’n belangrike hulpmiddel wees wat elke ma onder die knie moet kry om te verseker dat haar kind optimaal ontwikkel.

Deur Tamarin Benadie, Redaksionele Inhoudsontwikkelaar by GetSmarter

 

Laat jou kind sy of haar lewe op die gesondste manier afskop deur belangrike kennis van voeding op te doen met die Sports Science Institute of South Africa Foundations of Nutrition se kort kursus. Dié kursus word deeltyds en ten volle aanlyn aangebied deur die Sports Science Institute of South Africa en die aanlyn-opvoedingsmaatskappy GetSmarter. Die kursus is ontwerp vir besige ma’s om in jou eie tyd te voltooi. Vir nadere inligting, besoek www.getsmarter.co.za of kontak Nazley op 021 447 7565.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Besig om die wêreld te red – een boontjiespruit op ’n slag

Goeie Huishouding het ’n bietjie met ons voormalige grafiese ontwerper gesels oor wat volgende op die spyskaart is

Close