×
Skakel na Engels

Leer jou kind om te spaar

Tieners wat hul geldsake kan bestuur, is meer geneig om volwassenes te word wat maar te goed besef geld groei nie aan bome nie. Ons het by kenners gaan kers opsteek oor hóé en wát jy hulle moet leer

 

Spaar eers, spandeer dan die res

Paul Roelofse, ’n gesertifiseerde finansiële adviseur, verbruikersadvokaat vir die Finansiële Beplanningsinstituut en aanbieder van A Word On Personal Finance op Radio 702, gee raad:

 

‘Ek het twee kinders grootgemaak en is dus goed vertroud met tieners se geldkwessies.’

 

’n Mens moet hulle vroeg in hul lewe aan die voordele van spaar blootstel sodat hulle kan ervaar hoe verrykend dit kan wees. Ek het vir my dogters ’n toelaag gegee waarop ons ooreengekom het en daaruit moes hulle 20% spaar. ’n Betrokke en onderhandelingsaanslag was noodsaaklik om hulle te leer hoe om ’n begroting op te stel, want tieners luister nie graag na diktators nie. Ons was ook streng wanneer hulle nie by hul begroting gehou het nie, en as hulle in die eerste week hul geld soos water uitgegee het, moes hulle maar die res van die maand harde bene kou.’

 

‘Om ’n beleggingsadviseur vir ’n pa te hê, het hulle net gebaat, want hul maandelikse inkomste het gegroei. Ek het dit in langtermynprodukte belê om die beste opbrengs te verseker. Hulle het probeer om selfs méér te spaar toe hulle agterkom hoe hul geld groei, en die kitsbevrediging van geldbesteding net omdat hulle kán, vermy.’

 

‘Nog ’n belangrike punt is om te verseker dat tieners die negatiewe gevolge van skuld verstaan. Dis hartverskeurend om te sien hoe jong volwassenes deur hul skuld verswelg word. Nog ’n belangrike les wat tieners moet leer, is om binne hul finansiële vermoëns te leef. As hulle iets nie kan bekostig nie, is krediet nie die antwoord nie. Om te spaar is wél.’

 

Bron: Goeie Huishouding-tydskrif

Deur Iona Minton

 

V: Op watter ouderom het jý begin spaar?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Orden jou geldsake aanlyn

Dié webstuistes bied ʼn verskeidenheid dienste, wenke en ook raad om jou te help om jou geldsake in ’n gesonde...

Close