×
Skakel na Engels

Le Creuset stel COTTON bekend

Die nuutste neutrale kleur vir die kombuis is Cotton – Le Creuset se stylvolle keuse

Jy ken Le Creuset se lewendige kleurpalet vir kookware, breekgoed en kombuistoebehore. Stylbewuste aanhangers sal dol wees oor die nuwe Le Creuset-kleur.

 

Cotton is die nuutste kleur waarin dié internasionele handelsnaam met hul pragtige ontwerpe spog. Dis die “nuwe neutraal” en dié mat wit skakering pas mooi by elke enkele kleur wat by Le Creuset beskikbaar is. Dis duidelik dat dit ook ’n pragtige pasmaat vir watertandlekker kos is.

 

Ons is mal oor kleure soos die tradisionele Flame, vrolike Cherry en helder Caribbean, maar ons weet elke kombuis kan ook doen met ’n tikkie van Le Creuset se nuwe kleur, Cotton. Om Cotton (en elke ander kleur) aanlyn te besigtig of te koop, kliek hier vir die aanlynwinkel.

 

Pssst … Le Creuset Suid-Afrika het nou ’n kompetisie waarin jy ’n geskenkpak met Cotton-kookware ter waarde van R8 050 kan wen! Kliek op dié skakel om hul webwerf te besoek en meer uit te vind. (Moenie vergeet om vir hulle te sê ons het jou daarheen gestuur nie!)

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die lewe ná MasterChef vir Leandri

Die MasterChef SA-naaswenner Leandri van der Wat maak een van die dae haar eie koffieboonroosterwinkel, Roast Republic, in Midrand oop....

Close