×
Skakel na Engels

Langnaweek- beplanner

Put die meeste uit openbare vakansiedae deur vooruit te beplan en te bespreek

Wanneer: Menseregtedag, 21 Maart

Waarheen om te gaan: 

Arniston en Swellendam

Vir iets outentieks, besoek die ongerepte vissersdorp Arniston, ook bekend as Waenhuiskrans, so twee-en-’n-half-uur se ry van Kaapstad af. Jy kan op die strand lê, lang ente gaan stap en Napier, Bredasdorp, Struisbaai en Kaap Agulhas verken. Die Arniston Seaside Cottages het grasdakke, rietplafonne, teëlvloere en kaggels. Troeteldiere is welkom op aanvraag. Maak die meeste van jou wegkomkans deur ook ’n paar nagte in Swellendam, die derde oudste dorp in Suid-Afrika en sowat 100 km van Arniston af, deur te bring. So 5 km buite Swellendam, aan die voet van die Langeberge en net onder Eenuurkop, is die 110 hektaar Eenuurkop-plaas. Dis landelik en gerieflik, met selfsorg-kothuise.

Pryse en besprekings:

Arniston Seaside Cottages, R1 120 per twee-slaapkamer-kothuis per nag. ☎ 028 445 9772 of besoek  www.wheretostay.co.za/arniston  of www.arniston-etnas.co.za.

Eenuurkop, R900 per nag vir ’n gesinskothuis wat slaapplek het vir agt. ☎ 028 514 1447 of besoek www.eenuurkop.co.za.

 

Magaliesburg

Vir kuns en handwerk, landelike restaurante, valleie, riviere, inheemse woude, en perd- en bergfietsroetes, vat die pad Magaliesburg toe. Dis in die Noordwesprovinsie, sowat ’n uur se ry van Johannesburg af. In die hartjie van die Magaliesbergreeks, en nie té ver van Sun City en die Pilanesberg af nie, is Utopia Private Nature Estate, ’n natuurreservaat met A-raam selfsorghuisies wat slaapplek het vir ses mense. Daar is nie elektrisiteit nie maar wel gas wat krag verskaf vir warm water, lig en kombuistoestelle. Geniet die tennisbane, swembaddens en speelterrein vir kinders.

Pryse en besprekings:

Utopia Private Nature Estate. Sowat R1 000 per huisie per nag. ☎ 083 441 0735 of besoek  www.utopiaprivatenatureestate.yolasite.com.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Bring die romanse terug

Word mekaar se lewensverhaal-afrigter

Close