×
Skakel na Engels

Kom kyk hoe jou kleingoed se kuns by Future Park lewe kry

Speel in ’n digitale wêreld wat voor jou oë verander
Future Park

Dis wonderlik om te weet ons leef in ’n wêreld waar ons kinders se tekeninge nie meer bloot tweedimensioneel op ’n stuk papier vasgevang word nie. By teamLab se Future Park-uitstalling by die Watershed in Kaapstad se V&A, vanaf 23 September 2017 tot 31 January 2018, sal interaktiewe digitale tegnologie kinderkuns lat “lewe”.

Dit is die eerste uitstalling van sy soort in Suid-Afrika nadat meer as 4 miljoen kinders oor die wêreld heen reeds danksy dié opwindende konsep in ’n voortdurend veranderende digitale omgewing kan speel en terselfdertyd hul fyn motoriese vaardighede kan ontwikkel.

Die uitstalling is pret en die interaktiewe speletjies sal jou kinders se verbeelding aangryp en hulle aan die wonders van tegnologie bekendstel deur skandeerders en sensors te gebruik wat elke kleinding se kleurryke tekeninge in ’n digitale wêreld sal lewe gee.

Lees: Pa maak sy seuntjie se tekeninge ’n werklikheid

By die skets-akwarium kan kinders dolfyne, seeperde, visse en ander waterdiere inkleur, die prent inskandeer en sien hoe die diere saam met ander kinders se skeppings op ’n digitale vloer-tot-dak-skerm swem.

Daar is ook ’n sketsdorp waar kinders ’n motor kan teken en kyk hoe dit in ’n dorp rondry, ’n gloeilamp-orkes met groot balle wat van kleur en musiek verander wanneer kinders daaraan raak, ’n kleurrryke eenbeentjie-speletjie (foto), asook ’n tafel waar klein mensies lewe kryNá Kaapstad sal Future Park se uitstalling in 2018 in Johannesburg open.

Besoek www.futureparksa.co.za vir nog inligting oor Future Park of koop kaartjies by Computicket. Spesiale gesinskaartjies is beskikbaar en alle aktiwiteite is by die prys ingesluit.

FOTO: iStock/FatCamera

LEES OOK:

Perdry vir kinders: Wat ouers moet weet

Is tronkstraf ons voorland vir Facebook-foto’s van ons kinders?

Die ideale ouderdomsgaping tussen kinders

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 speelgoed wat jou kind sal help om fikser te word

Prettige maniere om hom of haar aan die beweeg te kry

Close