×
Skakel na Engels

Kyk hier: Die voorflitse van Stranger Things se tweede seisoen

Ons wonder of daar al ooit vreemder dinge gebeur het …
Stranger Things

Ons kan skaars ons opgewondenheid bedwing oor die tweede seisoen van Netflix se gruweldramareeks Stranger Things, wat vandag begin. Om ons daarop voor te berei het die vervaardigers voorflitse uitgereik wat jou mond sal laat oophang. 

Kyk hier na die voorflitse:

 

Op 27 Oktober 2017 kan kykers van die reeks verwag om verward, opgewonde en met afgryse vervul te wees oor wat in die parallelle heelal genaamd “Upside Down” gebeur. Dis heel gepas dat die eerste episode, met die ysingwekkende agtergrondstem van die gruwelkoning Vincent Price, net voor Halloween uitgesaai word.

Die idee van ’n klomp kinders wat saamspan om teen ’n monster van ’n ander wêreld te veg is iets wat gereeld in stories voorkom. Die uittreksel laat ons egter met baie vrae oor die kinders se veiligheid, asook of Will die enigste een is wat die “skaduwee” kan stuit, en wat die uiteinde sal wees.

Stranger Things se tweede seisoen kan van 27 Oktober 2017 af op Netflix gestroom word.

FOTO: Getty Images/Gallo Images

LEES OOK: 

10 TV-reekse wat jy nie mag misloop nie

Kom kyk hoe jou kleingoed se kuns by Future Park lewe kry

Kyk en leer: Kry die resep vir hierdie verruklike eenhoring-kolwyntjiekoek

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief