×

Kyk die oulike foto’s wat SA bekendes van hul babas deel

As daar een ding is wat jy nie kan miskyk nie, is dit al die bekendes se nuwe baba’s wat hul verskyning maak. En ouliker sal jy nie sommer kry nie! Kyk die oulike baba’s van dié Sauid-Afrikaanse bekendes:

 

Jo-Ann Strauss

 

A post shared by Jo-Ann Strauss (@modernmommyblog) on

Die voormalige Mej. Suid-Afrika en TV-aanbieder Jo-Ann Strauss het in 2016 vir die tweede keer ma geword; dié keer van ’n pragtige dogtertjie. Jo-Ann en haar man, Michael Held, ’n Duitse ortopediese chirurg, het reeds ’n driejarige seuntjie.

Francois van Coke 

Die Afrikaanse rocker en lid van die Van Coke Cartel het verlede jaar pa geword. Hy en sy vrou, Lauren Badenhorstis die trotse ouers van klein Alex Lila Badenhorst.

Rolene Strauss

 

A post shared by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on

2017 het goed begin vir die mooie Rolene Strauss! Dié voormalige Mej. Wêreld en haar man, D’Niel, se seuntjie is in Januarie gebore. Die klein “prins”, soos Rolene hom noem, is die paartjie se eerste kind.

Elana Afrika-Bredenkamp


Die COZA-aanbieder Elana Afrika-Bredenkamp en haar man, die radiopersoonlikheid Ian Bredenkamp, is weer ouers! Die paartjie het in Januarie hul dogtertjie Annabelle verwelkom. Ons is seker hul eersteling, die tweejarige Esther Beth, was baie opgewonde oor die koms van haar nuwe sussie.

Angelique Potgieter


Die voormalige 7de Laan-aktrise Angelique Potgieter en haar man, die rugbyspeler Jacques Potgieter, het verlede jaar die ouers van klein Jacques geword. Angelique en Jacques deel albei gereeld foto’s van dié oulike seuntjie op sosiale media.

Behati Prinsloo


Namibië is naby genoeg om dié baba op die lys te plaas. Die Namibiese model en die Maroon 5-sanger Adam Levine het in September 2016 hul dogtertjie, Dusty Rose, verwelkom. Sy het beslis haar ouers se goeie gene geërf.

Candice Swanepoel

 

A post shared by Candice Swanepoel (@angelcandices) on


Die Victoria’s Secret-model en Behati Prinsloo se beste vriendin, Candice Swanepoel, het slegs drie weke voor Dusty Rose se geboorte die lewe geskenk aan ’n seuntjie, Anacã. Dit is haar en haar verloofde, Hermann Nicoli, se eerste baba.

Hooffoto: Instagram @rolenestrauss

Lees ook:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wanneer geboortevlekke op babas en kinders ‘n bekommernis is

'n Onverklaarde geboortevlek kan vir ouers 'n bron van kommer wees. In die meeste gevalle is hulle baie algemeen en...

Close