×
Skakel na Engels

Kure uit die kombuis

Niks vir brandwonde of geen pynstillers byderhand nie? Moenie bekommerd wees nie. Hou net dié middels van huisdokter Reid Blackwelder in voorraad

 

Streel ’n ligte brandwond …

Sny ’n ui in die helfte en hou dit op die brandplek tot die pyn bedaar. ‘Uiesap bevat swaelsamestellings, kwersetien en ander plantchemikalieë wat bestanddele in talle oor-die-toonbank-medisynes vir die behandeling van brandwonde is,’ verduidelik Blackwelder. Jy sal moontlik jou brandplek vir waterige oë moet verruil, maar dis sekerlik ’n regverdige opoffering.

 

 

Verminder pofferige oë …

Druk teesakkies wat in koue water geweek is, op jou oë (enige soort sal werk). ‘Koue nattigheid help sirkulasie verhoog en verminder die opbou van vloeistof – en die vrankheid van die tanniene in die tee dryf ook van die vloeistof uit,’ sê Blackwelder.

 

 

Verlig ’n spanningshoofpyn …

Hou ’n sakkie bevrore ertjies vir vyf tot 10 minute op die kloppende pyn. ‘Dis ’n wonderlike, herbruikbare yspak wat in enige vorm geplooi kan word,’ sê Blackwelder. Die koue laat bloedvate saamtrek, wat die pyn kan verlig.

 

 

Bron: Goeie Huishouding Februarie 2013

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Verkoue? Raak só gou gesond

Wat om te doen, van die eerste snuif tot die laaste hoes

Close