×
Skakel na Engels

Kuier saam met ons by die Sondag-piekniekkonserte op Backsberg

Ons is baie trots om aan te kondig dat ons die mediavennoot vir vanjaar se Sondag-piekniekkonserte op Backsberg is! Maak seker jy loop nie hierdie fantastiese gesinsuitstappies propvol pret, kos en plaaslike musiek mis nie. Rol af om jou kaartjies te bespreek.
backsberg picnic concerts

Dink jou in: Dis ’n luilekker Sondag in die herfs, jy is uitgestrek op ’n pragtige grasperk in die skadu van ’n eikeboom en teug aan bekroonde wyne terwyl die kinders heerlik baljaar. ’n Plaaslike musiekgroep tree op in die agtergrond en jou maat pak die piekniekmandjie uit …

Klink dit idillies? Maak dan ’n nota om kaartjies te kry vir een van die Sondag-piekniekkonserte op Backsberg!

Die Backsberg-wynlandgoed is net ’n uur se ry van Kaapstad en dis vir twee goed bekend: fantastiese wyne op ’n prentjiemooi plaas in die Paarl-vallei, en hul verwelkomende, vriendelike benadering. Dis geen wonder die jaarlikse Sondag-piekniekkonserte is elke jaar so suksesvol nie!

Die optredes vir 2017 sluit van die opwindendste plaaslike talent in die bedryf in:

26 Februarie: Nomadic Orchestra

5 Maart: The Blues Broers

12 Maart: Valiant Swart en Akkedis

19 Maart: Taxi Violence

 

Nog ’n hoogtepunt is dat jy nie eens jou eie kos hoef in te pak nie. Jy kan vooraf bokse met peuselhappies van die Backsberg-restaurant bestel en dit gaan afhaal voordat die konsert begin.

Die peuselhappies sal die volgende insluit:

 

– ’n Verskeidenheid vars brode

– Tert van die dag

– Charcuterie-verskeidenheid

– Verskeidenheid plaaskase met olywe, patees, konfyt, tuisgemaakte piekels

– Sjef se slaai

– Sjokolade-brownie

– Vars vrugteslaai

Bestel jou boks peuselhappies (R220 per boks) per e-pos by restaurant@backsberg.co.za.

Die Backsberg-restaurant sal oop wees vir die verkoop van verversings en wyn.

Goeie Huishouding sal jou kinders vermaak met prettige aktiwiteite en sal oud en jonk met ’n roomysstalletjie bederf.

 

Tyd: 

Al die konserte begin om 15:00

Kaartjies: 

  • Die “early-bird”-aanbod van R120 per volwassene sal op die Webtickets-webwerf beskikbaar wees tot die Vrydag voor elke konsert.
  • Kaartjies by die deur kos R150 per volwassene.
  • Jy kan kaartjies teen R100 per volwassene by die Backsberg-wynlandgoed koop tot die Vrydag voor elke konsert.
  • Studentekaartjies kos R60 per persoon op die dag. ’n Geldige studentekaart moet getoon word.
  • Toegang vir kinders jonger as 12 is gratis.

 

Ons kan nie wag om jou daar te sien nie!

 

Volg hierdie skakel om jou kaartjies te koop

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om die perfekte instrument vir jou kind te kies

Kenners gee raad oor hoe om die perfekte musiekinstrument vir ’n beginner te kies.

Close