×
Skakel na Engels

Kry voller lippe sonder enige naalde of inspuitings!

Ons top-lipglanse vir plomper lippe
voller lippe

Hoewel die meeste van ons maar te goed weet watter veranderinge alles met jou gesig en lyf gebeur namate jy ouer word (hallo, plooie!), is een van die minder bekende newe-effekte dat jou lippe dunner raak.

Jy dink dalk jou enigste hoop op mooi, voller lippe is om ’n afspraak by ’n plastiese chirurg vir vullers te maak, maar daar is ’n hele paar meer bekostigbare (en minder pynlike) opsies op die winkelrakke beskikbaar.

Die voordeel van lipglanse wat jou lippe voller maak, is dat dit baie minder of geen gevaar inhou nie; kosmetiese-chirurgieprosedures kan dikwels ’n groot risiko wees. Boonop het hierdie lipformules oor die jare baie verbeter. Die hoofbestanddeel daarin is hialuroonsuur, wat omliggende vog absorbeer om die lippe effens plomper te maak. 

Lees: 2 maklike grimeerkunsies vir voller lippe

Hierdie spesiale lipglanse is regtig maklik om te gebruik en dit bevat ook produkte wat jou lippe sal voed en versorg. 

FOTO: iStock/deniskomarov

LEES OOK:

5 wenke vir volmaakte lipstiffie elke keer

Watter kleur lipstiffie pas jou? Voltooi gou hierdie vraelys

7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wat is jel-afskilferaars en waarom moet jy dit gebruik?

Verander jou afskilferaar vir sagwerkende doeltreffendheid

Close