×
Skakel na Engels

Kry ’n mooier vel met borrie

Beeldskoon met borrie!
borrie

 

Ons het borrie nog altyd met geurige Indiese geregte geassosieer. Die afgelope paar jaar het ons egter iets begin besef wat die mense van daardie land nog altyd geweet het – dat borrie ook gesondheids- en skoonheidsvoordele inhou. Vandag word dit nie meer net vir geelrys gebruik nie, maar ook as ’n bestanddeel van smoothies, tee, aanvullings en skoonheidsprodukte.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Wat is so goed daaraan?

Borrie bevat ’n bioaktiewe komponent genaamd kurkumien, ’n antioksidant wat ook anti-inflammatoriese eienskappe bevat. Dit kan dus help om rooiheid te verminder, die voorkoms van letsels en pigmentasie te versag, jou vel te hernuwe en dit ’n gesonde gloed te gee. Baie mense getuig ook daarvan dat dit dermatologiese toestande soos psoriase en aknee verlig. Dus die perfekte alles-in-een-kuur!

Lees ook: Skoonheidskure uit jou kombuis

Hoe om dit te gebruik

Borrie hoef nie ingeneem te word om effektief te wees nie. Een van die algemeenste maniere waarop mense hierdie spesery in hul velsorgroetine gebruik, is om dit as ’n gesigmasker aan te wend.

Borrie as ’n masker

Meng twee eetlepels meel of gemaalde hawermout, een teelepel borrie, drie eetlepels melk en ’n paar druppels heuning. Wend die masker aan en wag 20 minute voordat jy jou gesig afspoel. 

Hierdie sakpas alternatief vir ’n salonbehandeling waarborg dieselfde goeie resultate, indien nie beter nie. Nog ’n 10 uit 10 vir die natuur se manier!

Lees ook: 4 speserye wat jou sal help om jonger te lyk

✨My favourite DIY FACE MASKS✨ (link in bio) Yes, I look ridiculous right now in my bright yellow face mask, but it's all in the name of good skin, I promise! I feel like I've been battling with my skin since I was 16, it seems to go from one extreme to another. When I fell pregnant my hormones decided to take me back to that fun prepubescent age where your skin decides "you're not leaving the house today, also here enjoy this rash." you're welcome. These masks really helped clear up my scars and problem areas. I hope they work wonders for you too. 🌷 www.thethingsweknow.com/single-post/DIY-Face-Masks-for-all-your-skin-troubles – – – – #skincare #facemasks #diyfacemask #turmeric #beautifulskin #skincaretips #healthyskin #homefacemask #beauty #beautyhacks #beautytips #acne #acnetreatment #smile #confidence #women #pregnancy #nutrients #food #blogger #beautyblogger #tips #inspo

A post shared by Pregnancy, Recipes, Laughs (@thethingsweknow) on

Foto: iStock/MiljaPhoto

LEES OOK:

Die nuutste skoonheidskopies, -kortpaaie en -tendense

Die beste skoonheidstruuks van oor die wêreld

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 maklike skoonheidsvoornemens waarby jy vanjaar moet hou

2018 gaan jou mooiste jaar nóg wees!

Close