×
Skakel na Engels

Kry jou maandstonde jou onder?

Die meeste vroue ervaar ongemak of pyn gedurende dáárdie tyd van die maand. Hier is vier kure vir maagkrampe:

  1. ’n Bietjie ligte oefening kan doeltreffend wees. Anders as wat ’n mens sou dink, vererger rus eintlik jou krampe.
  2. Probeer die eerste dosis oor-die-toonbank-pynverligting neem sodra jou maandstondepyn begin, of sodra die bloeding begin – wat ook al eerste plaasvind. Party dokters beveel aan dat jy die tablette reeds die dag voordat jou maandstonde moet begin, drink.
  3. ’n Warmwatersak of selfs net ’n warm handdoek sal ook die pyn verlig.
  4. Moet jou nie oor onnodige goed kwel nie. Stres kan die pyn vererger.
  5. ’n Warm bad kan ook verligting bring.
  6. As die pyn baie erg is, besoek jou dokter, wat jou dalk vir verdere toetse sal verwys.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Reining jou liggaam van binne

Raak só van gif- en afvalstowwe in jou lyf ontslae

Close