×
Skakel na Engels

Kry jou kinders opgewonde oor skool

Maak dit vir jou kinders (en jouself!) makliker om terug skool toe te gaan

 

 

Die heerlike somerweer voel nog soos vakansie, al is dit amper verby. Dis tyd om jou kinders weer in hul roetine te kry.

 

Hierdie wenke sal die oorgang makliker help maak:

 

 

riende

Sê in gesprekke iets soos: “Jy kan seker nie wag om weer jou maats te sien nie?” of: “Ek is seker jy het jou vriende gemis”. Gee jou kinders iets om na uit te sien. Dit sal hul aandag aftrek van negatiewe dinge, soos huiswerk en vroeg opstaan.

 

 

nkopies

Koopterapie werk nie net vir ma’s nie. Neem die kinders om inkopies te gaan doen vir nuwe skoolklere, skryfbehoeftes of sportbenodighede. Nuwe goed sal hulle positiewer laat voel.

 

 

aan kyk vooraf

As jou kind na ’n nuwe skool toe gaan, maak tyd om die skoolterrein saam te gaan besoek. Maak ’n afspraak met die skoolhoof of klasonderwyser indien moontlik om hulle op die dag voordat die skool begin te ontmoet. Bekendheid help om senuwees op die eerste dag te kalmeer.

 

 

os

Vergeet die graanvlokkies en lok jou kinders uit die bed met die geur van wafels of spek en eiers op hul eerste dag. Sit ’n paar nuwe (maar gesonde) opsies in hul kosblik.

 

artytjietyd

Jaareindpartytjies is so … wel, verlede jaar. Hou ’n terug-skool-toe-partytjie vir jou kinders en hul maats om hulle opgewonde oor die nuwe jaar te maak. Dit sal jou ook tyd gee om saam met jou vriendinne te kuier. Dis ’n wen-wen-situasie!

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wenke vir terug-skool-toe-inkopies

Ons help jou voorberei vir dié gewigtige taak deur die huiswerk vír jou te doen

Close