×
Skakel na Engels

Kry jou kaartjies vir die 2017 Bekende Bobaas-bakkersdag!

Kom smul en kuier en leer saam met ons wanneer ons ons plaaslike selebs se gunstelinggebak met ’n heerlike teeparty vier
Bekende Bobaas-bakkers 2017

Die lang wag is verby en dis met groot opgewondenheid dat ons kan aankondig dat die 2017 Bekende Bobaas-bakkers-geleentheid om die draai is – 1 September, om presies te wees! Gaste kan uitsien na ’n middag van heerlike lekkernye, nuttige bakwenke en inspirasie van ons plaaslike selebsjefs Siba Mtongana en Mynhardt Joubert, en natuurlike die beroemde Goeie Huishouding-geskenksakke!

Hierdie geleentheid word deur Goeie Huishouding en die borge Bakers, SASKO, Miladys, Radisson Blu, GLAD en Plush aangebied.

Besonderhede:

Venue: Radisson Blu-hotel, Waterfront, Kaapstad

Datum: Vrydag 1 September 2017

Tyd: 12:30 – 16:30

Kaartjies: Spesiale aanbod as jy vroeg koop (R230) en gewone kaartjies (R260)

Lotingkaartjies: Stel van 5 lotingkaartjies (R50), stel van 10 lotingkaartjies (R100), en individuele lotingkaartjie (R10).

Lotingkaartjies kan aanlyn en by die geleentheid self gekoop word.

8 redes hoekom jy vandag moet bespreek!

1. Jy sal ekspertbakwenke by ons stersjefs, Siba Mtongana en Mynhardt Joubert, kry.

2. Jy kan aan al die selebs se gebak smul wat in die Augustus-uitgawe van Goeie Huishouding en Good Housekeeping verskyn het. 

3. Jy kan fantastiese pryse in ons loting wen en ’n wonderlike organisasie, BREADRev, ondersteun.

4. Jy kry ’n GH-geskenksak propvol verrassings, asook ’n ses-maande-intekening op Goeie Huishouding of Good Housekeeping.

5. Jy kan na ’n inspirerende modepraatjie luister.

6. Jy sal nuwe kunsies leer vir hoe om self ’n puik teeparty te hou.

7. Jy kan Liezel van der Westhuizen ontmoet wat ons seremoniemeester gaan wees!

8. Laat jou Augustus-uitgawe van Goeie Huishouding of Housekeeping deur Siba teken!

**Die eerste gedrukte uitgawe van jou GH-intekening sal binne 6 tot 8 weke ná die geleentheid afgelewer word.

Vir ’n goeie doel

Die opbrengs van die dag gaan aan BreadRev, wat ekovriendelike en kostedoeltreffende broodoonde maak wat met hout werk. Hulle skep ook ruimtes waar mense die eeue oue kuns van broodbak kan leer.

Vermy die ry en koop jou lotingkaartjies aanlyn

In ware Goeie Huishouding-styl sal daar natuurlik weer ’n loting gehou word met fantastiese pryse waarmee jy en jou vriendinne dalk kan wegstap!

Vanjaar kan jy lotingkaartjies op dieselfde manier koop as wat jy jou toegangskaartjie koop. Lotingkaartjies kos R10 elk en kan individueel of in stelle van vyf of 10 gekoop word. Indien jy individuele lotingkaartjies koop, sal jy ’n Quicket-toegangskaartjie moet saambring vir elke lotingkaartjie wat jy gekoop het. As jy stelle van vyf of 10 lotingkaartjies koop, hoef jy net een Quicket-toegangskaartjie per stel op die dag te toon. Lotingkaartjies sal ook op die dag te koop wees.

Behalwe vir jou toegangskaartjie, moet jy ook jou fisieke Quicket-lotingkaartjie(s) saambring om jou lotingkaartjie(s) op die dag te kom afhaal. Geen lotingkaartjies sal sonder ’n Quicket-kaartjie uitgereik word nie. Druk dus al jou kaartjies by die huis uit en bring dit saam.

Kry jou kaartjies hiér!

Besoek Quicket en koop jou kaartjies vir die geleentheid én die loting. Die 2017 Bekende Bobaas-bakkers-teeparty is ’n geleentheid wat jy beslis nie wil misloop nie! Ons sien uit om jou daar te sien! #GHBakeStars

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hou jou suède-artikels mooi in 6 maklike stappe

Kom winter of somer, jy moet weet hoe om jou suède-items in die allerbeste toestand te hou

Close