×
Skakel na Engels

Kry hierdie app wat jou sal help om water te bespaar

Elke druppel tel!
app

Met die steeds dalende watervlakke in die Wes-Kaapse damme het die provinsie nou Vlak 6B-waterbeperkings ingestel. Wat beteken dit vir die mense wat in dié provinsie woon? Die beperking van 87 liter per persoon per dag is verder verlaag en staan nou op 50 liter per persoon per dag. Dit is ’n moeilike tyd vir ons omgewing en samelewing, maar die Universiteit van Kaapstad het ’n plan vir verandering waarby hulle almal wil betrek.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

In 2017 het die Universiteit van Kaapstad (UK) ’n gratis app, DROP DROP, ontwikkel. Dié app, ’n produk van die UK se Inligting vir Gemeenskapsdienste (iCOMMS) se interdissiplinêre span, is ’n fantastiese hulpmiddel vir diegene wat van hulle kant af alles moontlik wil doen om water te bespaar. Alhoewel die app baie relevant tot die waterkrisis in die Wes-Kaap is, is dit nie net tot dié streek beperk nie. Dit kan die hele land help om hierdie kosbare hulpbron te bewaar.

Hoe werk dit?

Deur gebruik te maak van lesings van die munisipaliteit se eksterne watermeters wat aan huise gekoppel is, kan DROP DROP ’n huishouding se gebruik en maandelikse rekening beraam.

Met hierdie lesings kan gebruikers hul waterverbruik verbeter deur sommige van die voorstelle op die app te volg. Van die voorstelle sluit in “Hoe om ’n wasser aan ’n lekkende kraan te vervang”, “Toets vir waterlekke” en “Hoe om met elke spoel water te spaar”.

Daar is ook ’n terugvoeringafdeling waar gebruikers verslae oor die waterleweringsdienste in en om hul area kan indien. Dit word deur ’n volledige kontaklys van die relevante departemente of dienste vergesel waar dringende kwessies aangemeld kan word.

Sorg dat jy hierdie app vandag nog aflaai en jou waterverbruik verder verminder deur die slimkoppe by die UK se nuttige wenke te volg. DROP DROP kan gratis op Android of iOS afgelaai word. 

FOTO: iStock/m-imagephotography

LEES OOK:

Hoe om minder as 87 liter water per dag te gebruik

10 goed wat jy moet weet oor die hergebruik van gryswater

6 maniere om in die kombuis water te bespaar

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 waterbesparende produkte onder R150

Saam kan ons Dag Zero vermy!

Close