×
Skakel na Engels

Kry die kos en geure wat jy nodig het

Dit begin alles by jou
Kry die kos en geure wat jy nodig het

Jy ken jou liggaam – jy weet wat vir jou werk, en watter soort kos jou op jou pad na welstand kan help. Om dit te ondersteun verbeter en brei Woolworths voortdurend hul “Your Personal Diet Choice”-reeks produkte uit wat spesifiek vir individuele voorkeure pasgemaak is.

En daar is regtig iets vir elke behoefte. Al wat jy moet doen, is om vir die simbool te kyk wat hierdie reeks verteenwoordig, en jou voorkeur te kies.

Wil jy minder suiker eet, maar is steeds lus vir ietsie soets? Dan is die “No Sugar Added”-reeks vir jou – ’n romerige vrugte-mousse soos die nuwe mango-grenadella- of aarbei-skuimnagereg is net wat jou suikertand nodig het.

Probeer jy minder koolhidrate eet? Wees net verstandig daaroor. Hoekom kyk jy nie na ons groot reeks Carb Clever™-produkte nie? Van Carb Clever™ Coconut & Vanilla Granola vir ontbyt en peuselstafies om jou heeldag aan die gang te hou tot voorbereide maaltye soos Carb Clever™- Indiese kerrie vir aandete, daar is iets vir elke behoefte.

Kyk hierdie video vir inspirasie vir aandete:

As jy op soek is na produkte met ’n laer vetinhoud, is daar ’n fantastiese verskeidenheid keuses. Kies tussen “Fat Free”, “Low Fat” en “Reduced Fat”. Oorweeg die voordele om aan ’n heerlike vetvrye jogurt (in geure soos aarbei, bloubessie en perske) te smul.

Of bederf jouself met ’n verkoelde laevet-nagereg soos die jogurt-panna cotta in framboos-en-lietsjiegeur wat jy uit die vorm kan dop. En as jy iets vleiserigs met minder vet wil hê, probeer gerus die lasagne met ’n laer vetinhoud.

Voedsame grane is weer gewild, en met goeie rede, soos jy sal agterkom wanneer jy ’n geurige bereide ete in die Power Grains-reeks geniet, soos die gort-en-swartrys-maaltyd met chorizo, krulkool en harissa, of die vegetariese geroosterde rosa-tamaties en eiervrug op bulgurkoring.

As jy ’n goeie dosis proteïen wil hê, oorweeg die “High Protein”-reeks, wat heerlike keuses soos die laevet-sjokolade- en -aarbeigegeurde proteïenskommels insluit.

En laastens, as jy die kilojoules dophou, bied die “Low Fat”- en kJ Controlled”-reekse verskeie opsies – van jogurt en peuselhappies (soos kJ Controlled Salt & Black Pepper Pop Chips) tot bereide maaltye en selfs nageregte.

Daar is dus regtig iets vir elke dieetvoorkeur. Dit gaan alles daaroor om die kos te kry wat jy nodig het en die geure waaroor jy dol is.

En omdat goed leef beteken om goed te eet, en goed eet by jou begin, maak seker jy sluit by ons #startswith-beweging aan. Dis ’n sewe-weke-uitdaging om jou oor jou welstand te motiveer. Kliek hier vir nog inligting, en spog met jou vordering deur die huts #startswith op sosiale media te gebruik.

Aanvaar jy die uitdaging? Dis jou keuse, want alles begin by jou.

FOTO: iStock/Petar Chernaev

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kry R15 kontant terug wanneer jy ons Augustus-uitgawe + ’n blok Cadbury-sjokolade (80 g of groter) met SNAPnSAVE koop!

Koop ons Augustus-uitgawe en ’n blok Cadbury-skokolade (80 g of groter) en jy sal R15 kontant terugkry wanneer jy die...

Close